marilynmonroe
Het jy gehoor?

Marilyn Monroe se dieet vol verrassings

Foto’s uit ‘n boek wat Marilyn Monroe destyds gepubliseer het oor haar eet- en oefengewoontes, het 50 jaar ná haar dood op die web verskyn en verklap opnuut hoe gemaklik Marilyn met haar lyf was. Haar gewig het tussen 53 kg en 63 kg gewissel en het haarself graag bederf met warm fudgesous oor roomys.

Norma Jean Baker, soos Marilyn gebore is, het as kind gereeld honger gaan slaap. Sy’t haarself belowe dat sy dit nooit weer sal ervaar nie. In die boek vertel sy hoe sy voedsaamheid haar koskeuses bepaal eerder as om haarself uit te honger.

Besige dae het sy afgeskop met verhitte melk waarin sy twee eiers gebreek het. Met ‘n multi-vitamien om ekstra woema vir die dag te kry. Saans was daar gewoonlik ‘n steak of lamstjop op haar bord met baie rou wortels (“Ek moet deels haas wees, want ek raak nooit moeg vir rou wortels nie”).

En ná haar drama-aandklasse, was roomys met warm fudgesous haar grootste bederf.

Marilyn het haar gewig in toom gehou deur gesonde, ongeprosesseerde kos te eet, en nooit maaltye oor te slaan nie. Sy het ook elke dag slegs vir tien minute met ligte gewigte geoefen. ‘n Strawwe oefenpatroon soos wat Madonna volg, sou “weggeëet” het aan haar wulpse kurwes.

Wat ‘n verfrissende uitkyk op gewig is dit nie!

  • Johan Grobler

    My hele lewe lank my gunsteling meisie. Dankie vir hierdie foto. Ek deel haar benadering om mooi te lyk. Ek doen basies dieselfde en dit werk. Dis jammer wat met haar gebeur het. Behalwe ‘n dieet het elkeen ook ‘n goeie vriend nodig wat na jou kyk.

  • Mari

    So wat van middagete en tussenin? Werk haar spyskaart uit!

  • Santie.

    Marilyn was beeldskoon, maar ek twyfel of haar dieet voorbeeldig was. Sy was maar net 36 toe sy oorlede is, en op hierdie ouderdom het die meeste vrouens wat hulleself oppas, nog glad nie figuurprobleme nie! Sy het ook nooit kinders gehad nie.
    Toe ek 36 was, kon ek driekeer per dag roomys met fudgesous eet, en ek sou nie gewig aansit nie. Ek wonder nou tog hoe sy in haar 50’s sou lyk, haar ongesonde leefstyl in ag genome. Ek is nou 54, en moet baie mooi let op wat ek eet en harder werk as ooit vantevore om nie gewig aan te sit nie. Roomys met fudgesous het dus vir my beslis ‘n rare bederfie geword intussen!
    Doodgewone heilsame kos, soos my ouers en my ouma en oupa geken het, werk nog die beste – saam met ‘n goeie dosis beweeg.
    Marilyn bly egter ongelooflik pragtig, en ek kyk graag na fotos van haar. Volgens my maklik die mooiste vrou ooit. Onthou egter dat haar leefstyl haar dood veroorsaak het op die jeugdige ouderdom van net 36.

  • WP

    sou ook graag haar dieet wil he! dis vir my een van die mooiste vroue.

  • Marlene

    Marilyn – meer as dit kan ‘n mens nie sê nie. Jy kan die lewe in haar oë sien, die sprankel, die genot. Net ‘n jammerte haar lewe het so vroeg ge-eindig. Kan ons vra dat julle die dieet publiseer? Dan kan almal ‘n bietjie Marilyn "inkry".

  • Hannelie

    Sy bly darem maar mooi. Wonder hoe sou sy vandag na 50 jaar gelyk het?