marilyn_boeke
Het jy gehoor?

Marilyn Monroe se geheime dagboeke, gedigte openbaar gemaak

Die beeld wat talle van haar het, is een van ‘n loskop-flooze wat die een magtige man ná die ander (gewoonlik getroude mans!) laat ‘struikel’ het tot in haar bed. Nou is talle van haar dagboekinskrywings, gedigte en persoonlike briewe vir die eerste keer openbaar gemaak en wys dit dat haar intelligensie, nadenkendheid en gesofistikeerdheid vrou met ‘n besondere sagte hart.

Haar persoonlike lewe is een van seksuele misbruik, voortdurende psigoterapie, vernedering en verraad deur haar eggenoot en haar familiegeskiedenis van geestesversteurings. Dít en meer word in ‘n nuwe boek, Fragments: Poems, Intimate Notes, Letters by Marilyn Monroe, onthul en is vanaf 12 Oktober op Amazon beskikbaar wees. Lees die eksklusiewe storie in die nuutste uitgawe van Vanity Fair.

* Bestel die boek hier