mark zuckerberg
Het jy gehoor?

Mark Zuckerberg se miljard-dollar-verjaardaggeskenk

Die stigter en uitvoerende hoof van Facebook het sy grootste verjaardaggeskenk nóg gekry toe dié sosiale netwerk se aandele skielik met 3,7% gestyg het. Hy het ’n allemintige 1,2 miljard dollar (sowat R14,2 miljard gemaak), berig USA Today.

Mark (31) besit 426,3 miljoen aandele in Facebook, wat steeds die grootste sosiale netwerk ter wêreld is. Die maatskappy het in die laaste jaar 37,4% gegroei, wat beteken hy het R111 miljard sedert sy vorige verjaarsdag verdien. Dit sluit die salaris van R7,2 miljoen wat hy per jaar as uitvoerdende hoof verdien uit.

Hy is die jongste uitvoerende hoof van ’n maatskappy wat só vinnig ontwikkel en steeds aanhou groei. Hy het Facebook in 2004 saam met ander studente aan die Harvard-Universiteit in Amerika ontwikkel.

Mark is tans 35 miljard dollar werd, dit is 413 miljard rand.

Lees ook