FOTO Verskaf

Het jy gehoor?

Martelize Brink van rok-grootte 18-10

“Materiële dinge is lekker,maar niks voel so goed soos die geskenk van gesondheid nie! Ek het dit vir myself gegun om beter te voel en te lyk, maar ook van binne gesonder te wees. Dis iets wat stelselmatig moet gebeur.

“Die meeste mense se reaksie is dat net die helfte van my vorige self oorgebly het. Dit is letterlik! Ek het van ’n 18/20-grootte tot ’n 10/12 gekrimp.

“Oefen, oefen, oefen en oefen! Dis die antwoord. Daarby probeer ek reg eet. Wanneer ek van die pad afdwaal, oefen ek meer om daarvoor op te maak. “Sodra jy die gewig bereik waarna jy gestreef het, kan jy dalk ’n bietjie minder oefen. Maar die balans tussen eet en oefen is steeds belangrik.

“My Kersvoorneme is om behoorlik te dink oor geskenke vir almal sodat dit iets kan beteken. Ek dink materiële dinge kan baie oppervlakkig wees, veral as jy ’n geskenk sommer net koop, sonder om mooi daaroor te dink. Ek waardeer ’n present wat my laat besef die gewer ken my.

“Kersfees is ’n tyd van lekker kuier. Eintlik nie net ’n paar dae nie,maar die hele maand. Ek het myself een ding beloof: Dat ek nie genot sal oorslaan nie, maar dit help ook nie ek is ná die genot geweldig kwaad vir myself nie. Ek gaan beslis nie sê ‘dis nou Kersfees, die reëls geld nie meer nie’. Ek verslap hulle net so ’n bietjie!”

  • Annelise de Witt

    Wat ‘n inspirasie! Pragtig en baie geluk aan Martelize.

  • Margaret van Eck Schoeman

    Martelize, ek bewonder jou deursettingsvermoe. Ek was al self daar en ek weet dit is nie maklik nie. Die groot geheim le nou net daarin om jou gewig te handhaaf. Sterkte! Jy lyk wonderlik.

  • Lizette

    Well done vir jou hoor!! Hou so aan, jy lyk wonderlik!
    Stem saam met jou mening.

  • leticia vd mescht

    Dit wil gedoen wees,Martelize!!! Baie geluk!! Besig met dieselfde, maar dis nou eers 3 dae. Jy gee my hoop. Alles wat mooi is vir jou die Kerstyd

  • Amelia Ireton

    ek volg haar op twitter ook, sy is een van my gunstelinge 🙂 ek is baie trots op haar xxx

  • Louise Bezuidenhout

    WOW!!!! Jy lyk pragtig!!!

  • Helene du Toit

    Voorwaar iets om op trots te wees, veral omdat dit gaan oor ‘n mens se gesondheid. Die grootste geskenk aan jouself!

  • Agnes Visagie

    Baie Geluk, Martelize. Dis absoluut fantasties en wil gedoen wees! Ek het ook paar weke terug begin, en dis nie maklik nie, maar ek glo vas dat aanhouer wen!! Ek glo hoe meer mens oefen hoe makliker sal dit word!

  • Hendrina Lambert

    Fantasties en ja dit kan inspanning wees die tyd van die jaar maar ekt geleer mens se kop het twee bewegings dit is ja of nee en net so maklik soos jy kan sè je kan mens ook së nee! Sterkte

  • Mari Mare

    Baie geluk met jou "oorwinning" jy lyk pragtig !! Dit is ‘n lang en moeilike paadjie, ek weet want ek is self op hom (ek is al van 77kg af na 69kg). Hoekom kan dit nie so maklik wees om gewig te verloor soos om dit op te tel nie??…..
    Wys jou net, alles in die lewe wat die moeite werd is verg harde werk en deursettingsvermoee.

  • Donè

    Baie geluk, dit is n groot prestasie!!! Ek wens ek kan al daar wees!! Jy is voorwaar n inspirasie!!

  • Alita

    Baie baie geluk! Ek weet presies hoe moeilik dit is om so stadig maar seker daar te kom..

    Ek het op die Amway eetplan begin 12 weke terug en is al 14kg ligter. Ek eet elke 2 ure. Dis ongelooflik lekker om weer in my ou klere in te klim wat ek 6 jaar terug nog kon dra.

    Ek was so beindruk met die eetplan dat ek nou n agent is, en ek kan nie glo hoeveel ander mense wat dit nou ook volg ook dieselfde resultate bereik het nie!

  • Marie van Tonder

    Jy is ‘n doring Martelize en wys aan ons almal dit KAN gedoen word… en BESLIS baat ons hele menswees daarby!! Mooi so…!!!

  • Irene Muller

    Baie geluk, shoe dit is omtrent ‘n prestasie. GENIET dit!

  • Ulandi – Gimmie

    Hey Brinkie,
    dis wonderlike nuus – jy is waarlik ‘n inspirasie vir my en duisende vrouens daar buite. Jy kry meer gedoen as wat baie van ons nog wou by uitkom…eks so trots op jou xx

  • Amanda du Plessis

    Ek is baie trots op Martelize, wens ek het dieselfde deursettingsvermoë gehad. Ek weet ek moet en ek sal beter lyk en voel, maar die daad by die woord voeg is moeilik. Sy lyk pragtig

  • Rena Brown

    Voorwaar ‘n inspirasie vir ons almal en ‘n bewys dat waar ‘n wil is, is ‘n weg!

  • Altie Willers

    Baie geluk met jou prestasie Martelize! Kan sommer oor die radio hoor jy het ‘n ordentlike kopskuif in hierdie verband gemaak.

  • Marietjie Pretorius

    Martelize, Oulik en inspirerend is jy wel, maar glo my nou is jy 10/10 met jou nommertjie 10!! Baie geluk sterkte vir die Feestyd!!

  • Andeline Williams-Pretorius

    Baie geluk Martelize. Dis ‘n wonderlike geskenk wat ons almal aan onsself verskuldig is. Jy gaan baie hiermee inspireer. Jy’s ‘n fantastiese mens.

  • JV

    Absoluut inspirerend. As jy kan, kan ons almal!!!

  • Marga

    Wow! Jy was nog altyd mooi! Nou skitter jy! Wat ‘n inspirasie!

  • Theresa Botha

    Mooi so! Dit wil gedoen wees! Hoekom moet alles wat ekstra lekker is vet maak?

  • Adele Cockcroft

    Baie geluk Martelize. Ek wil dit ook doen. Moet my kop in die regte rigting kry (en dit is die moeilikste).
    Jy is ‘n baie groot inspirasie!

  • Suri vd Merwe

    Jy lyk PRAGTIG!! Baie geluk! En ‘n GROOT INSPIRASIE!!! Ek stem ook 100% saam met jou!

  • Ria Louw

    Jy lyk nie beter nie Martelize…jy lyK FANTASTIES!!! En ek kan glo jy voel pesies so!! Jy is ‘n groot inspirasie vir baie!

  • Christa Grobbelaar

    Groot inspirasie vir myself en ook my dogter, sy in ook gestrem en in ‘n rolstoel, sukkel maar om die gewig te beheer. Ek bewonder julle. (Sy gebore met Spina Bifida)
    Sy werk, al is dit nog net vir 1 en ‘n halwe jaar, het haar eie huisie(woonstel)kinders(honde) en sopas ‘n karretjie gekry, sy leer nog bestuur.
    Christelle word Desember 2011 23 jaar en ek dank die Here vir haar, al was dit soms baie moeilik. Alles het volgens God se plan geskied.
    Martelize waar kan mens aansluit by groepe fisiese gestremde mense, die lewe kan soms eensaam raak,
    ons woon in Pietersburg.

  • Cheréne

    Wat ‘n stunning vrou… well done!

  • Rina

    Holy Moly!!!! FANTASTIES!!!! Gee bietjie meer besonderhede oor die tipe kosse asook oefeninge wat jy gevolg het. Jy lyk 100…..!!!!

  • Loulita Vosloo

    Voluptious, no more! Ek is skoon jaloers. Moet nog by daai besluit kom.

  • suzi

    dit wil gedoen wees….congrats!!!! jy is voorwaar inspirasie vir my….welldone!!!

  • Petro

    Baie geluk dit wil gedoen wees. Jy lyk wonderlik. Sterkte.

  • Susan

    FABULOUS FABULOUS!!! Jy lyk soos ‘n jong tiener!! Baie geluk!! Mag ons weet hoe watter tydperk die "verlies" geskied het! Well Done!!!

  • Retha Compion Pofadder

    Well done!!! Ek het self die jaar besluit om ten minste 10kg te verloor en die 14de Januarie begin met my Weigh Less boekie van jare gelede. As jy "saamspeel" verloor jy maklik 1kg per week. Binne 4maande het ek die 10kg afgeskud en is nog steeds op my doelgewig. Almal kan gewig verloor as jy net regtig wil. Dit beteken jy moet besluit en dan daarby hou. Eet en vet wees kan nie vergoed vir die goedvoel gevoel wanneer jou gewig normaal is nie.

  • willem jaco du toit

    as ek dit sien gee dit my weer nuwe hoop. Deel met ons groot asb.

  • gousblom

    Ek het 26kg verloor – ook van ‘n nr 16/18 na ‘n 10/12. Herbalife en ‘n gereelde oefenpatroon. En ek handhaaf my gewig al vir meer as ‘n jaar. Ek voel ‘n ander mens.

  • Amanda

    Martelize ek het 28 kg verloor en twee op getel dus nou op die stadium 26kg af en is op soek na ‘n finale jaar mediesestudent om so biki die mes te oefen vir al die plooie. Ek voel tonne beter nes jy maar die spieël maak my bang!!!

    Welgedaan hoor jy was nog altyd mooi en nou met jou gewigsverlies lyk jy al te mooi. Gaan jy saam as ek een van die manne kan kry om op lewendige kadawer sy "snykundigheid" toe te pas?? Hoop die mediesefakulteit lees…. Soms wonder ek wat het van Dr Natie Botha geword hy mag maar…

    Ek is van ‘n 38 na 32 en soos jy oefen ek ook en dit maak darem wraggies ‘n groot verskil aan hoe jy voel omtrent jouself!! Dit voel so of ‘n mens weer kan kop optel met ‘n huppel in jou stap 🙂

  • Florence Filton

    Martelize!! Nou weet ek waar my ekstra rolletjies vandaan kom. Jy het joune net hier op my agterstoep gelos!!
    Pragtig meisie, jy het toe volgehou.Veelsgeluk.Ek stem .Oefening en ‘n dieet gaan hand aan hand.Geniet die kersgety.

  • Mariana van Wyk

    Martelize jy is werklik ‘n inspirasie vir ons wat met die gewig sukkel. Mooi so!

  • PETRO

    WOW, AMAZING AMAZING AMAZING STIG VIR ONS N KLUB WAT JY IN N PROGRAM VIR ONS MOTIVEER OM OK SO TE DOEN SOGGENS PRAAT ONS AAN EK IS SEKER DA BAIE VAN ONS NA JOU SAL LUISTER N PRAATENDE DIEET EN OEFENING, DIT KLINK BAIE GOED OKAY VROUENS, VANDAG DOEN ONS DIT EN DAT EN EET DIT EN DAT, WOW DIT KAN WERK????

  • Ronel

    Jy lyk baie goed, veels geluk met jou deursettingsvermoë – jy inspireer my nou om oefening te begin doen! Ek het laasjaar November begin om gesonder te eet en het nou van grootte 20/18 na 12 gekrimp (na ek vir 18 jaar oorgewig was). Ek is net lui vir oefening doen maar ek gaan nou dit ‘n saak van erns maak om die laaste 9 kg af te skud.

  • Anton

    Jy het deursettingsvermoe Martelize,veels geluk.Ek hoop dat jy dit kan volhou.Onthou altyd dat n mens op geleende tyd op hierdie aarde is en elke dag ten volle moet leef.Dit is moeilik aan die begin maar as jy eers resultate gaan sien sal jy al hoe meer gemotiveer word en sal jy jou doelwit bereik.Vasbyt meisie!

  • Magriet Meiring

    Baie geluk, Martelize, jy’s ‘n ster!!!!!

  • Elzabé Barnard

    Baie geluk Martelize, doen so voort. Beslis ‘n inspirasie vir ons almal wat sukkel met gewigsverlies.

  • Denise Kriel

    Wow ek wens ek het die guts gehad ek is vreeslik oorgewig maar lekker bly vir my lekker