FOTO Instagram / @djkhaled

FOTO Instagram / @djkhaled

Het jy gehoor?

Martha Stewart en Snoop Dogg slaap saam!

Wie sou nou ooit kon raai dat dié twee saam in die bed sal spring? Amerika se tuisteskepper-kosghoeroe en die wilde rapper. Toegegee, sy was al ’n paar maande in die tronk en hy het al menige maal met die gereg gebots, maar saam slááp?

Dit klink dit te wild om waar te wees. En tog, hulle het onlangs begin skiet aan ’n nuwe werklikheidsprogram, Martha & Snoop’s Dinner Party, waar die twee weekliks hul belangrike en bekende vriende vir ete nooi. Die program wys hoe hulle saam kook en voorberei vir die aansit-ete.

In een episode van die program hou Martha en Snoop ’n slumber party: ’n ete waar gaste in hul nagklere opdaag en dan oorslaap.

Khaled @snoopdogg Martha Stewart

A photo posted by DJ KHALED (@djkhaled) on

Om aanhangers te terg het Martha en Snoop verskeie foto’s op Instagram gelaai van die twee in hul nagklere – om die tafel, op die bank en selfs voor ’n kaggelvuur. Soos ons Martha ken, is sy netjies aangetrek in satynnagklere. Snoop lyk heel kleurryk in ’n onesie! Van die gaste in dié episode is DJ Khaled en Robin Thicke.

Cloth talk wit Martha Stewart A photo posted by DJ KHALED (@djkhaled) on

Dis niks nuuts vir Martha en Snoop om saam te werk nie. Hulle het al verskeie kere saam gekook op Martha se ontbytprogram, en verlede jaar het hulle op ’n Comedy Central-program saam die draak gesteek met Justin Bieber.

Lees nou

Martha Stewart kletsrym 8 wenke met koeksoda

Martha Stewart was ‘n Chanel-model

Dink buite die boks – nuwe werke, groot kanse