fireshot_capture_002_news_i_laureus_www_laureus_com_press_releases_article_id_2041
Het jy gehoor?

Martina Navratilova se hoë droom val plat

Sy en ‘n span van 27 ander lede van die Laureus World Sport Foundation, het dié uitdaging aangedurf om geld in te samel, berig Laureus se woordevoerder.

Sy het op die vierdie dag siek begin voel en is daarna van die berg afgehelp en na ‘n hospital geneem. Daar is vasgestel dat sy vog op haar longe opgedoen het.

Dr. David Silverstein van die Nairobi-hospitaal sê dit hou verband met die drastiese verandering in hoogte bo seespieël.

Martina het uit haar hospitaalbed gesê sy is geweldig teleurgesteld omdat sy nie die uitdaging kon klaarmaak nie. “Dit is iets waarna ek vir so lank uitgesien het, en dit is jammer ek kon nie tot bo klim nie. Maar ek is baie trots dat ons die hele inisiatief aan die gang kon kry en dat die ander dit suksesvol kon afhandel.”

Die paralimpiese atleet Gail Emms was ook deel van die span. “Ons was baie hartseer dat Martina moes terugdraai, maar ons was toe soveel meer gemotiveerd om klaar te maak wat sy saam met ons begin het en die Laureus-vlag op die piek te plant!” het Gail gesê.

Die Laureus World Sports Academy is ‘n unieke organisasie van 46 van die beste lewende sportsterre wat hul tyd wy om as internasionale ambassadeurs op te tree, en sodoende die wêreld se grootste sosiale uitdagings aan te spreek. Dié uitdagings is onder meer MIV/vigs, alkohol- en dwelmmisbruik, geweld, diskriminasie en en fisieke en geestelike gestremdhede. Vir dié goeie werk is die organisasie al vir ‘n Nobelprys vir vrede benoem.

Edwin Moses, die voorstiiter van Laureus World Sports Academy, het gesê: ”Ons is baie verlig dat Martina aan die herstel is en ons hoop sy word vinnig gesond. En ek wil haar graag gelukwens met die wonderlike idee en die bewustheid wat sy geskep het vir die Laureus-handelsmerk.

Martina is pas ontslaan en sy sien baie uit daarna om huistoe te gaan. Sy was oorweldig deur die reaksie van die publiek en bedank almal wat aan haar gedink het.

  • http://ayqotzhclsuo.com/ nbwlycipxr

    CUb65g rjceklaeswly, [url=http://dsgrjszdrikc.com/]dsgrjszdrikc[/url], [link=http://uuobhnkkhbjn.com/]uuobhnkkhbjn[/link], http://yozjoftecdvq.com/