Sarel van sabie loots
Het jy gehoor?

MasterChef & Kokkedoor se “Sarel van Sabie” oorlede

Ons het vir Sarel Loots nie net op MasterChef South Africa leer ken nie, maar ook op Kokkedoor. Hy is vroeg vanoggend oorlede, berig Die Burger.

Sarel, dalk meer bekend aan TV-kykers as Sarel van Sabie, was getroud met Lieze en het 5 kinders gehad – 3 van hul eie en 2 pleegsorgkinders. Hy is vermoedelik aan ’n hartaanval oorlede.

Volgens sy agent, Hetta Saunderson, was Sarel in Gauteng by ’n ekspo en sou hy vanoggend na Sabie terugkeer.

Lees meer op Die Burger se webtuiste HIER.

Sy ondersteuners het hul skok met sy afsterwe op sosiale media gedeel.

Lees ook