FOTO: Twitter

FOTO: Twitter

Het jy gehoor?

MasterChef kry ’n nuwe beoordelaar

Reuben Riffel sluit volgende week by Benny Masekwameng en Pete Goffe-Wood aan as MasterChef South Africa se nuutste beoordelaar.

Jy sal Reuben waarskynlik herken as die vriendelike kok wat die Robertsons Masterclass aanbied.

Reuben, wat ’n bekroonde restaurateur op Franschhoek is, het al in Brittanje gaan kook voordat hy sy eie restaurante in Suid-Afrika oopgemaak het. Dié restaurante, Reuben’s, is op Franschhoek, die Robertson-wynvallei en Kaapstad se V&A Waterfront.

Reuben Riffel is die nuwe beoordelaar op MasterChef Suid-Afrika. FOTO: Twitter

Reuben Riffel is die nuwe beoordelaar op MasterChef Suid-Afrika. FOTO: Twitter

Reuben het drie kookboeke agter sy naam en het al toekennings ontvang vir restaurant van die jaar én vir sjef van die jaar.

Hy neem oor by Andrew Atkinson, wat op die TV-reeks bekend gestaan het as ’n beoordelaar met hope empatie en ’n baie hoë standaard. Andrew vul voortaan die posisie van hoofsjef in die kombuis van ’n Johannesburgse hotel.

Andrew Atkinson en nog 'n sjef, Gareth Welford. Andrew sluit nie weer by MasterChef SA aan nie. FOTO: Twitter

Andrew Atkinson en nog ‘n sjef, Gareth Welford. Andrew sluit nie weer by MasterChef SA aan nie. FOTO: Twitter

Is jy die land se volgende MasterChef? Oudisies vir die volgende seisoen is op 15 Februarie in Durban, 22 Februarie in Kaapstad en op 1 Maart in Johannesburg.