sr1010aardklop_3_
Het jy gehoor?

Mathys, Danie en Kevin kook in Pretoria

Hulle gaan wys hoe jy pannekoek vir heerlike voorgereg, hoofgereg óf nagereg kan gebruik. Hulle dis ’n verskeidenheid vulsels op en om alles te kroon paar hulle dit met heerlike wyn.

Gaste kan uitsien na groot pret en heerlike vermaak wanneer dié drie nimlike karakters kragte (en voorskote) saamspan om PRETORIA aan die KOOK te kry.

Rhapsody’s Lounge gee ’n R300-geskenkbewys weg en gaste kry ook elkeen ’n SARIE KOS-sak met ’n SARIE KOS daarin. Dis-Chem gee ook drie gelukkige trekkings weg.  

Kaartjies is te koop teen R150 per persoon by Computicket en die prys sluit koffie, tee en ligte verversings in.