mathys_roets_1
Het jy gehoor?

Mathys Roets kan weer staan…

Mathys Roets was moeg daarvoor om mense nie meer in die oë te kon kyk nie. Waar hy altyd langer as die meeste van sy vriende was, moes hy ná sy motorfietsongeluk waarin hy verlam is na almal opkyk.

Die sanger Kevin Leo wat altyd sy kort pêl was, het ewe skielik sy lang pêl geword, spot Mathys.

Toe besluit hy genoeg is genoeg en bestel vir hom ‘n spesiale stoel wat van oorsee af ingevoer is. Met dié stoel kan hy met ‘n enkele beweging opstaan. Spesiale bande word om Mathys se bene en bors vasgemaak om te voorkom dat hy vooroor val wanneer hy staan. Hierdie meganiese stoel het hom ‘n aardige bedrag gekos: R86 000. Die geld het uit die Met Mathys Trust gekom, wat kort na sy ongeluk gestig is.

“Dís die verskil wat my vriende en die mense daarbuite met die trust gemaak het. Hierdie stoel maak ‘n groot verskil aan my menswees. Ek het ‘n behoefte gehad om mense in die oë te kyk. Om te kan staan as ek braai en om in ‘n kroeg waar my pêlle almal met ‘n bier in die hand staan, saam met hulle te kan staan. En dan om weer te kan staan en sing . . . Nou kan ek.”

Mathys Roets in sy nuwe rolstoel

Phyllis Green, SARIE-fotograaf, het Mathys in sy nuwe stoel afgeneem. Sy ken hom al 20 jaar. “Dis opmerklik hoe die ou Mathys weer dáár is wanneer hy in sy nuwe stoel staan. Hy’t ‘n ander tipe selfversekerdheid as in sy sit-stoel.”

* Hy onthul sy nuwe stoel by sy Droomvrouens-vertoning wat 10 en 11 November by die Centurion Teater te sien is. Met dié vertoning sing hy liedjies wat groot liedjieskrywers soos Leonard Cohen, Neil Diamond, Koos Kombuis vir die spesiale vroue in hul lewens geskryf het – vroue soos Marianne, Caroline, Lisa, Maggie en Delilah…

Hy het beloof om tydens die konserte “iets te doen wat ek sedert die ongeluk nog nie kon doen nie en dít is om mense in die oë te kyk”.

 

“Net dít alleen maak ‘n reuse-verskil in hoe ek oor myself voel.” – Mathys Roets

 

  • Ina de Bruyn

    Dit is wonderlik om jou te sien staan. Al het jy gesit, het ons nog altyd na jou "opgekyk", jy is ‘n inspirasie en ‘n wonderlike mens.

  • Martie Dussing

    Dit is die beste nuus vir 2010. Ons is trots op jou, jy het so ‘n positiewe uitwerking op die nasie en ek hoop dat ander mense jou as rolmodel en inspirasie sal sien. Nogmaals ons is baie opgewonde vir jou!

  • http://www.aurorahospital.co.za Karin Botha

    Mathys dis absoluut stunning. Ek werk by Aurora Fisiese Rehabilitasie sentrum en is baie bekend met SKI. Ek is soooo bly vir jou, ek hoop dat hierdie stoele binnekort hier teen ‘n beter prys beskikbaar sal wees. Ek is ook voorsitter van Wheels for Hope (AFRICA). Ons is tans naarstiglik op soek vir fondse om twee swart seuns te help met hulle stoele en ander benodigdhede. Dalk het jy voorstelle om ons te kan help? Jy was daar en weet hoe dit voel, dink net hoe moet dit wees vir kinders van onderskeidelik 17 en 18 om heeldag in die bed te wees, aangesien hulle nie eens sitstoele kan bekostig nie. Groot seblief, miskien kan daar ‘n insameling tussen ons kunstenaars gehou word. My selnommer is: 082 496 1406.

    Baie geluk met jou flukse vordering en sterkte vir die toekoms.

    Groete in mobiliteit

    Karin Botha

  • Yolande Nel

    Mathys jy is ‘n voorbeeld vir ons almal. Jy is ‘n wenner. Ons is deur alles in staat deur Jesus wat ons krag gee.

  • Brenda Serfontein

    Mattys,

    Jy is ongelooflik talentvol, al sit jy of staan jy!Dit is wonderlik dat jy weer kan staan!

    Sterkte met alles wat jy in jou lewe aanpak!

  • Rita Fourie

    Mooi vir jou Mathys!!! Ek het jou eendag in die Brooklyn winkelsentrum in jou rolstoel gesien en wou nog groet maar het nie!!!

  • Tersia Jacobs

    Hi Mathys

    Jy lyk pragtig in daai stoel van jou. Jy was nog altyd n pragtige mens. Voorspoed en ek bid vir jou elke dag. Miskien eendag is daai stoel nie meer nodig nie. Jy weet by GOd is niks onmoontlik. Glo net en bid en God sal jou gebed verhoor.

  • http://www.sarie.com Chrisna Mouton

    Fantasties! So bly vir jou! Jy bly ‘n rolmodel.

  • http://www.nhls.ac.za Retha Nel

    Hi Mathys, dit is wonderlik! Jy bly vir ons n inspirasie en voorbeeld. Sterkte vir die toekoms en mag al jou drome waar word. God’s rykste seen word jou toegebid elke dag.

  • Niki

    Matthys jy is n great inspirasie!!!

  • Joey

    PRYS DIE HERE dat jy so positief en vasberade is om nie gaan le nie….Wonderlik

  • Susan Holm

    Bravo vir die dapper man, Mathys jy het vir baie mense n dierbare les geleer, Mooi so en aanhou.

  • Vera Hattingh

    Dis wonderlik Mathys. Ek geniet jou musiek baie!!!

  • Felicia Hattingh

    Mathys ons is trots op jou en bid vir jou hou so aan jy sing pragtig!!!

  • Annette Grobbelaar

    Prys die Here Mathys. Jy is so ‘n pragtige voorbeeld vir ons almal. Mag die Here jou ryklik seën.

  • Annatjie French

    Geluk, Mathys, ek is saam met jou bly! Ek geniet jou musiek so baie!!

  • Lorraine Botha

    Mathys, jy het nog altyd bo die res uitgestyg (en dit het niks met lengte uit te waai nie.) sterkte vir alles wat jy nog wil aanpak – jy is ‘n inspirasie vir my en baie ander.

  • Rietha Henning

    Mathys, maar jy’s pure houding op hierdie staan-foto! En jy kan maar, want selfs sit-sit sing jy dat mens net meer en meer van jou wil hê. "Delilah" het nog nooit so "rou" geklink nie; ek wonder net hoe sal die rock-song "Heart" (Gene Rockwell) klink met jou stem? Ai man, ons bly kyk op na jou! Baie groete en mooiste wense.

  • Corrie Schoombie

    Die Here is so goed vir ons – dis great Mathys! Ek is jou grootste fan en was al by verskeie van jou optredes. Hou so aan en maak nog CD’s asb! Ek geniet "Droomvrouens" baie! Sterkte vir jou – God bless!

  • Lilly

    @Ina de Bruyn. Hoe raak – ek beaam wat jy sê – al het hy gesit, het steeds na Mathys opgekyk!

  • http://ejznedbvruks.com/ qkwdil

    vCn1PA zjmihmvkzvuw, [url=http://fncopscflatf.com/]fncopscflatf[/url], [link=http://mlxwlpmfsbpj.com/]mlxwlpmfsbpj[/link], http://ymtuxrkvxzvr.com/

  • Ester

    Mathys, Ek en Tienie wens jou alle sukses en voorspoed toe in jou lewe. Ons is baie trots op jou as familie lede. Jou ouers, suster en 2 broers is wonderlike mense en hul liefde en ondersteuning vir jou word deur ons ook waardeer.

    Groete en liefde van

    Ester en Tienie vanaf Brits

  • wmfwvxnj

    4pfsKL ppizvqhmqarf, [url=http://csepcelivfyg.com/]csepcelivfyg[/url], [link=http://osamxcjkfnrj.com/]osamxcjkfnrj[/link], http://bdxouqcteyuq.com/

  • btlqzvbmh

    mZ4rYF szsilcelyrgy, [url=http://ubmwbhfssump.com/]ubmwbhfssump[/url], [link=http://vcszizdevlrx.com/]vcszizdevlrx[/link], http://ombznxulykdf.com/

  • btlqzvbmh

    mZ4rYF szsilcelyrgy, [url=http://ubmwbhfssump.com/]ubmwbhfssump[/url], [link=http://vcszizdevlrx.com/]vcszizdevlrx[/link], http://ombznxulykdf.com/