sr1010aardklop_3_
Het jy gehoor?

Mathys Roets doen 10km wedloop – Foto’s

Die geleentheid het plaasgevind by die Maem-fees op Memel in die Vrystaat.

“Ons oefen elke week saam en neem dan so nou en dan aan ‘n wedloop deel,” vertel Mathys. Die 10 km neem hulle gemiddeld so ‘n uur en ‘n half, en wanneer hulle ‘n pap wiel kry en moet regmaak natuurlik ‘n bietjie langer.

Intussen beplan Mathys aan nog ‘n hele paar wedlope. Binnekort is daar een op Hermanus, en vir die een op 4 Junie op Robertson het hy sy goeie vriende Kevin Leo en Danie Niehaus uitgedaag om dit saam met hom te doen. “As ek dit in my stoel kan doen, kan hulle ten minste 10 km stap!” meen Mathys.

Wel gedaan Mathys, ons is trots op jou!

Af teen die bultMathys, Jacues en PieterIn die mooie Memel

Kyk na die res van die foto’s in die galery.

  • ANNE MARIE VAN WYK

    Ek dink dit is fantasties. Ek haal my hoed af vir jou Mathys. Sterkte met die vokgende wedren.

  • ELIZE

    Matthys

    Jy is ‘n inspirasie vir ons almal. Met so ‘n positiewe gesindheid kan mens net vorentoe gaan. Sterkte met die volgende wedlope en maak nog baie medaljes bymekaar.

  • Wicus Grobler

    Jy inspireer my werklik Matthys om meer positief en gelukkig te wees, ten spyte van wat ookal!

  • estelle

    Jy leef my leuse uit: winners never quit and quitters never win.! ek knie-buig vir jou.

  • Cobus

    Mathys ons hou van jou liedjie. Dankie jy motiveer ons!