mathys_blogs
Het jy gehoor?

Mathys Roets se biografie bekendgestel

Johnny le Roux, bemarkingsbestuurder van Naledi vertel Steeds net Mathys is ‘n aangrypende vertelling van die pad wat Mathys die afgelope 44 jaar geloop het: Van sy grootwordjare in die Vrystaat (toe sy grootste droom was om sy eie motorfiets te besit) tot sy studentejare in Pretoria waar hy begin sing het en uiteindelik die dag van sy motorfietsongeluk in die Vrystaat.

Hy maak ook sy hart oop oor sy egskeiding en hoe hy die uitdagings van verlamming hanteer.

“Sy lewensverhaal soos hy dit aan Alita Vorster, die spookskrywer, vertel het, sal elke leser aangryp en inspireer,” sê Johnny.

Jy kan Steeds net Mathys ook by On the Dot gedurende besigheidsure bestel. Skakel 021 918 8820.

Besoek Mathys Roets se webtuiste