mathys_blogs
Het jy gehoor?

Mathys Roets se Kilimandjaro-droom

“Dis soos om ‘n wortel voor ‘n haas te swaai. Moenie vir my sê ek kan iets nie doen nie, dan móét ek jou doodeenvoudig verkeerd bewys,” sê Mathys skertserig in sy diep stem.

Al is dit nog net ‘n droom, wil Mathys baie graag eendag op die bergtop van Kilimandjaro sit. Hy vertel dat die span van die Atterbury-teater, waar hy sy nuutste DVD, Iemand soos jy, opgeneem het, hom genader het om saam met hulle dié uitdaging aan te pak. Natuurlik klink dit baie makliker as wat dit werklik gaan wees. Omdat hy in ‘n “doodgewone rolstoel” is, sê Mathys. “Daar is baie voorbereiding en voorsorg vir só ‘n projek. Ons sal ‘n ‘bergklim-rolstoel’ moet ontwikkel wat dit vir my meer funksioneel en effens makliker sal maak om Kilimandjaro aan te pak.”

“Ek wil kan sê ek het dít wat aanvanklik ‘onmoontlik’ gelyk het, reggekry. Dít dryf my.”

Mathys Roets: ‘Ek gaan weer dans!’

Mathys is mál oor ‘n uitdaging en dít is die grootste rede agter sy avonture. Hy het al ‘n hele paar keer saam met vriende gaan ski én Namibië se duine “geklim”. “Dis vir my lekker om tot ‘n mate steeds ‘normale’ dinge te kan doen. Ek het ongelooflike vriende wat regtig baie ondersteunend is en saam met wie ek kan pret hê,” sê Mathys.

Mathys Roets ‘klim’ Namib-duine

Mathys oor Iemand soos jy

mathys_roets_-_dvd-full

Mathys het op die 11de Junie sy nuutste DVD, Iemand soos jy, in die indrukwekkende Atterbury-teater in Pretoria opgeneem. Hy het van sy ou gunstelinge soos “Fluister”, “In my lewe” en “Treine” saam met sy eie orkes op dié DVD opgeneem, en aanhangers is ook met 5 splinternuwe liedjies bederf. SARIE.com het met hom oor die DVD en die opname gesels:

1. Daar is baie uitdagings wanneer ‘n mens só ‘n projek aanpak. Wat was/is vir jou die grootste uitdaging met die opname van Iemand soos jy?

Ek was baie geseënd om saam met mense te werk op wie ek kon vertrou en wat dinge vir my makliker gemaak het. Maar ek moet bieg, om 20 liedjies se woorde te onthou was definitief vir my ‘n uitdaging. “Moenie bad nie, Josephine” (liedjie 7 op die DVD) spook nou nog by my.

Snaaks genoeg was daar niks anders buiten die gewone uitdagings nie. Ons grootste “uitdaging” is maar om te wag en kyk hoe die mark op die DVD reageer. Iemand soos jy is nou maar eers twee weke op die rakke, so ons sit nog op hete kole.

2. Jy het soveel liedjies oor die jare bymekaar gemaak, liedjies wat gunstelinge geword het. Wat was die rede vir die spesifieke liedjiekeuse vir Iemand soos jy?

Ek dink die liedjies het hulself gekies, maar ek wou graag die liedjies opneem wat ek oor die jare my eie gemaak het. En daarmee saam wou ek hê die liedjies moet ‘n storie vertel en ‘n “diep effek” skep. Die DVD, en meer spesifiek die liedjies se woorde, is my manier om ‘n bietjie oor my reis sedert die ongeluk te vertel.

3. Met die liedjie “Mariëtte se wals” het jy die GoPro-toestel gebruik. Het dié toestel die uitwerking gehad waarop jy gehoop het?

Ja en nee. Dit was vir my lekker om vir die aanhangers ‘n behind the scenes-blik te gee sodat hulle kan sien wat ék van die verhoog af sien. Die gehalte daarvan was net nie regtig waarop ons gehoop het nie, maar dit was steeds lekker om ‘n bietjie met die GoPro te speel.

Luister na die DVD-opname van ‘Fluister’