sr1002mathys_6_
Het jy gehoor?

Mathys Roets wys sy droomvrou

Dis een van Mathys Roets se gunsteling-liedjies, “Oh Mary”, waarin Neil Diamond oor sy hunkering na die vrou van sy drome sing. Hy loop met sy hart op sy mou en sy siel ontbloot:

Oh Mary
You can doubt the world,
But don’t ever doubt in me

I sang it once that I’d never leave you
And that’s how it’s gonna be.

Deesdae sing Mathys ook dié liedjie vir die vrou van sý drome, Margueriet Jones. Dan is daar nog sy ma, Meisie, sy suster, Marié Greyling, en jare lange vriendin Alexa Strachan oor wie hy spesiaal voel.

Hoekom nie ‘n CD maak waarin die manne sulke emosies sal teëkom nie? het Mathys besluit. Dalk help dit hulle om so ‘n bietjie makliker te praat oor wat in hul binneste aangaan.

So is Droomvrouens gebore – ‘n versamel-CD wat Mathys in Februarie met SARIE as media-vennoot gaan uitreik. Hy het langer as ‘n jaar met die idee van ‘n CD óór vroue vír vroue rondgeloop. Iets wat ‘n

 

“Ons verhouding het nie verander ná my ongeluk nie,” – Mathys oor sy verhouding met Margueriet Jones.

 

man spesiaal vir jou kan koop om te sê hoeveel hy vir jou omgee – in die woorde van mans wat nie bang is om dit te sê soos dit is nie.

Elke liedjie wat Mathys vir die CD opgeneem het, het ‘n vrouenaam in die titel. “Ek het toevallig reeds verskeie liedjies met vrouename by my optredes gesing, soos ‘Lisa se klavier’, ‘So long, Marianne’ en ‘Sweet Caroline’,” vertel Mathys in sy huis in Centurion.

Die afgelope jaar was moeilik

Ná ‘n paar verbrekings en aanbouings aan die huis beweeg hy gemaklik rond in sy rolstoel. Verlede jaar was vir hom ‘n moeilike jaar. Eers was daar sy egskeiding ná ‘n huwelik van tien jaar, en toe in April op pad KKNK toe die motorfietsongeluk waarin hy in sy onderlyf verlam is.

Maar Mathys het nie vir een oomblik briek aangedraai nie. Hy toer die land vol en het selfs sy TV-reeks saam met Alexa, Kamp dit uit, hervat. Nou’s hy vuur en vlam vir dié nuwe CD-projek saam met SARIE.

Mathys haal aan met sy diep stem:

Oh Mary
Can you hear my song?
Does it make a mournful sound?
I sang it once when first I saw you
And I sing it to you now.

Vir die eerste keer laat glip hy nou iets oor die vrou in sy lewe

“Dis Margueriet se liedjie. Ons het saam daarna geluister toe ons eenkeer in die berge in Lesotho was.Toe ek nou die liedjie opgeneem het, was sy ook saam in die ateljee en het sy na my gekyk met daai ogies terwyl ek sing.”

Mathys en dié 29-jarige sjef gaan al langer as ‘n jaar uit. Hulle het verlede jaar ses maande lank ‘n langafstandverhouding gehad omdat Margueriet as deel van haar kursus in die Kaap moes werk. Sy het einde November teruggekeer Johannesburg toe en Mathys is in die wolke daaroor.

Hulle droom nou daaroor om saam ‘n restaurant in Pretoria oop te maak.

Mathys Roets en sy droomvrou Margueriet Jones Mathys Roets en sy droomvrou Margueriet Jones

“Iets wat intiem is,” sê Margueriet tydens die fotosessie. “‘n Plek waar mense vir my kan sê waarvoor hulle lus is en ek dit sommer daar maak.”

Die paartjie is duidelik verlief en raak gereeld aan mekaar. Margueriet is fyn gebou met grasgroen oë, tonne energie en ‘n liefde vir die buitelewe.

“Dis een van die redes hoekom ek en Mathys so goed oor die weg kom.” Voor hul liefde begin blom het, het hulle gereeld saam gholf gespeel (sy het dit selfs al oorweeg om professioneel te speel).

“Ons verhouding het nie verander ná my ongeluk nie,” vertel Mathys.

“Ons bly steeds maats. Sy hanteer my nog presies dieselfde. Ek waardeer dit baie. Dis ongelooflik hoe Margueriet net dáár is vir my. Sy’s baie ondersteunend.”

  • http://www.stroopstout.co.za Tersia Latti

    Hoe pragtig!!!

  • Elize Mare

    Mathys het ek Desember 2009 by Millies ontmoet toe hy oppad Wildtuin toe was saam met sy ouers en sy seuns. Wat ‘n pragtige familie is dit nie, Mathys is innerlik en uiterlik ‘n stunning man, met die pragtigste stem denkbaar en my "Leonard Cohen". Hy verdien al die geluk wat na sy kant toe kom en Margueriet blyk ook net die regte tonikum vir hom te wees. Ek wens hulle beide alles van die beste toe vir die toekoms!

  • http://www.tapestry.co.za CHRETIENNE HAUPT

    BAIE VROLIK
    BAIE POSITIEWE "ENERGIE"
    BAIE MOOI!!!!

  • Barbara Schmidt

    Hierdie CD gaan beslis my gunsteling word ! ek kan dit sommer nou al voorspel.Wonderlik dat vroue jou so na aan die hart le,jou spesiale Margueriet is pragtig , alles van die heel mooiste vir julle!
    Boet en Meisie , julle moet verseker bars van trots op Mathys, dit kan net nie anders, hy is voorwaar net in ‘n ander klas .
    Beste wense —Oud Reitzer

  • Kobie Knoetze

    Is hulle nie ‘n stunning paartjie nie!

  • Jennilee sale

    Ek is so bly dat Mathys gelukking is. Ek het hom toevallig een dag op die TV gesien sing die engelse liedjie oor "fog in London town" kan nie meer so lekker onthou hoe dit gegaan het nie, maar dadelik van die man gehou. Ek het so probeer uitvind wat sy naam is maar niemand het gewwet van wie ek praat nie! Baie geluk wens ek hulle toe. Sy en hy is ‘n pragtige paartjie.

  • Jacqualene Roach – Potchefstroom

    WONDELIK! Ek het saam met Mathys gehuil toe hy vertel van sy egskeiding en sy hartseer en pyn. En nie lank daarna nie sy ongeluk. En ek glo die pyn was als die moeite werd, want vandag lyk Mathys vir my gelukkiger as ooit voorheen.Dankie dat die Here vir jou ook geluk gebring het. JY VERDIEN DIT.

  • http://www.helenedekock.com Helene de Kock

    Mathys is ‘n voorbeel van iemand wat die lewe tromop loop. Mag hy net vreugde en vrede ken!

  • http://www.helenedekock.com Helene de Kock

    Mathys is ‘n voorbeeld van iemand wat die lewe trompop loop. Mag hy net vreugde en vrede ken!

  • Lynette Potgieter

    Hulle is regtig ‘n stunning partjie en Mathys verdien geluk

  • Carol Davey

    Ek verstaan hy tree op Sondag 8 Mei in die Kaap op met onder andere Laurika Rauch op. Stuur asseblief vir my meer besonderhede. Dankie.

  • Carol Davey

    Laat my asseblief by watter venue in die Kaap en waar bespreek moet word.

  • Sonskynkind

    Liewe Oom Mathys, Ma se altyd die liefde is mooi en maak soms ook baie seer.

    As ek so na die foto’s kyk, weet ek die een sê vir die ander as julle weg is van mekaar.. " my lewe is leeg sonder jou". Mag Yahweh u altyd behoed en bewaar en ook u geliefde vriendin.

    Wees vir altyd gelukkig julle twee is so mooi saam. Hoop om u eendag persoonlik te ontmoet.Sing, sing, sing vir altyd want sing maak my gelukkig so ek weet u is ook gelukkig as u met daai diep stem sing!! :)

  • Magda

    Mathys ek hoop daar lê nog hope en hope geluk vir jou voor, jy verdien dit regtig. Ek het nog nooit so ‘n positiewe mens gehoor soos jy nie, dit het net eenvoudig gelyk of die ongeluk jou nie gaan onderkry nie. Jou droomvrou lyk na ‘n sonstraaltjie! Geniet dit julle.

  • http://yade.co.za Ans Coetzee

    Wonderlik om Mathys gelukkig te sien. Jesus se genade onbeskryflik groot.

  • Alet

    Mathys, jy sal altyd vir my spesiaal wees. Kort na my man se dood, het ek jou die eerste keer op TV gesien en gehoor sing met daardie diep, ryk stem. My man het ook so ‘n mooi stem gehad, en elke keer as ek jou sien in die media, of jou CD’s speel, loop my trane van verlange onwillekeurig.
    Ek gun jou al die geluk wat jy verdien. Jy is vir ons almal ‘n groot bron van inspirasie.

  • Riana Malan

    Ode vir Mathys: As ek dit nie NOU doen nie, versaak ek my plig. Jy wat Mathys is, breek jou bene en sit waarskynlik vir die res van jou lewe in ‘n rystoel. Jy was maande in die hospitale en rehabilitasiesentra, maar HIERDIE WONDERBAARLIKE MANSMENS HET NOOIT gekla in enige onderhoud nie – jy was altyd net dankbaar en nederig.

    Ongelukkig moet ek nou ‘n paar voorbeelde van ander celebs aanhaal: Groot bohaai, tydskrif- en koerantberigte oor bv Joost se "hartaanval" … en Amore stap die hospitaalgange op en af in haar sweetpak. Patricia met nodules – die trane rol op haar pragtige foto’s oor wat "dalk" kan gebeur. Amore se lae bloesuiker en uitgeputheid – fots’s uit haar "hospitaalbed en ellelange artikels oor die onstellende gebeure. O, die verskriklikheid van hierdie mense se lyding. Talle ander kan ook genoem word, maar ek volstaan vie eers hiermee.

    Hierteenoor Mathys: Ekself het nooit een woord van verbittering en selfbejammering uit sy mond gehoor nie.

    Mathys, jy is letterlik en figuurlik ‘n ster. Mooiste vorentoe vir jou.

  • Marion Scheepers

    Sooo bly dat jou droomvrou jou bystaan. Jou deursettings vermoe is verstommend. Jy is n ware voorbeeld vir ander ouens in rolstoele. Mooi so en hou aan om so positief te wees!!!!

  • Wilma Palvie

    Wat kan ek se – jy was en bly altyd die beste – Voorspoed met die nuwe paadjie wat jy loop – ek glo die Vader sal net die beste vir jou vorentoe voorsien – mooi kyk na die seuns en geniet hulle elke oomblik

  • Sandra

    Mathys Baie geluk, jy het jou seer van letterlik en verguurlik oorwin, maar ek glo dat jy dit nie sonder GOD se krag kon doen nie. Jy is ‘n voorbeeld vir baie mense wat gedink het die lewe hou op na ‘n egskeiding of verlamming of enige ander gebrek. Mooi so dit is hoe die lewe aangepak moet word, positief. Geseend mag jou nuwe verhouding en lewens styl wees, want ek weet jy stel GOD 1ste. Seenwense vir jou en Margueriet.
    SandraK

  • Isabel Koeleman

    Mathys…jou hart is mooi en dis al wat ‘n vrou soek! Die res is nie belangrik nie…jou meisie moet ook ‘n mooi hart he om jou mooi hart te waardeer…ek en my man het hemel op aarde…ek wens dit vir julle 2 ook toe…voorspoed! Isabel

  • http://udzkedlrydmh.com/ qvgvincpkf

    lJ7zEC bsdgsbsmzsgm, [url=http://ewgjdcgiegpb.com/]ewgjdcgiegpb[/url], [link=http://ajytrqpeqjhr.com/]ajytrqpeqjhr[/link], http://fcmurgfebamc.com/