FOTO: Gallo Images / Getty Images

Het jy gehoor?

Matt Damon het sy hande vol met 5 vroue …

Die Hollywood-akteur Matt Damon doen dinge op sý manier. Oor roem en faam is hy min gepla. En sy belangrikste rol tot dusver is die van pa.

Matt Damon was nog nooit ‘n ‘stout’ ster nie. Maar nou het hy sy hande vol met 5 vroue …

Matt en Luciana Barroso is die trotse ouers van 4 dogters. En dit is sy rol as man en pa wat vir hom die belangrikste is. “Ons het ‘n twee week-reël. Ek is nooit vir meer as twee weke van die huis af weg nie. Ek glo jy moet by die mense wees vir wie jy lief is. My vrou is my sielsmaat, ek wil nie van haar af weg wees nie.”

Matt se Luciana is ‘n ‘gewone’ vrou. Lees watter ander Hollywood-sterre het getrou met mense wat buite die kalklig is

En wanneer Matt wel by die huis is, is hy soos enige pa besig met doeke omruil en om met sy kinders te speel. Tussendeur werk hy aan draaiboeke en fokus sy tyd meer op die skryf en vervaardiging van flieks as akteur wees. En dit is sy kinders wat hom inspireer om te skryf.

Matt het nie net sy hele gesin na Suid-Afrika gevlieg terwyl hy aan Invictus verfilm het nie, hy het ook sy oudste dogter se hele klas vir 10 dae oorgevlieg! Maar dit was darem nie nét vakansie vir dié skoliere nie, hulle moes skoolprojekte doen en het meer oor Madiba geleer.

Die fliek Invictus: Madiba magic vir Hollywood

Matt het ook saam met die Suid-Afrikaanse skrywer en regisseur Neill Blomkamp (District 9) aan Elysium gewerk waarin Sharlto Copley ook speel. Glo was Matt lank reeds opgewonde om saam met die talentvolle Neill aan ‘n projek te werk! Lees hier meer.

Matt en Luciana het in 2005 getrou. Luciana het reeds ‘n dogter, Alexia (14), van ‘n vorige huwelik gehad. Saam het hulle drie dogters wat nou tussen 2 en 6 jaar oud is.

HIERONDER is die lokprent van Elysium. Dit word 30 Augustus in Suid-Afrika vrygestel.

Bron: Your Tango