damon
Het jy gehoor?

Matt Damon kyk op na SA regisseur

Die Oscar-bekroonde akteur Matt Damon speel die hoofrol in die Suid-Afrikaanse regisseur Neill Blomkamp (District 9) se nuutste film, Elysium. En dié Hollywood-ster wou al lankal saam met Neill werk.

Neill Blomkamp

FOTO: Matt Damon wou lank reeds saam met Neill Blomkamp (bo) werk.

“Die groot aantrekkingskrag [om in Elysium te speel] was Neill. Ek het District 9 gesien en was mal daaroor. Ek het my oog op hom gehad as iemand saam met wie ek graag wou saamwerk. Die volgende oomblik het dié projek oor my pad gekom, so dit was ‘n baie maklike besluit om dit te aanvaar,” het Matt aan SFX gesê.

Matt Damon en Ben Affleck was huismaats voor hulle bekend geword het. Lees hier watter sterre was ook huismaats!

Matt, wat bekend is vir aksie-rolle soos dié in die Bourne-reeks of meer ernstige rolle soos in Good Will Hunting, wou blykbaar nog altyd ‘n rol in ‘n wetenskapfiksierolprent hê, maar is nog nooit een aangebied nie.

Matt het die rol van Francois Pienaar in Invictus gespeel. Lees die volledige onderhoud met Francois se vrou, Nerine, hier.

Elysium speel af in ‘n futuristiese wêreld waar die ryk mense in ‘n aparte paradys woon en die res op die aarde in waglike toestande waar hulle deur robotte gemonitor word. Een man (Matt Damon) besluit om dié skeiding te breek nadat hy uitvind hy het net ‘n paar dae oor om te leef.

HIERONDER is die lokprent vir Elysium. Dit begin 30 Augustus draai.

Bron: Chanel 24