Matthew D&G new
Het jy gehoor?

Matthew McConaughey en sy vrou: Dít laat ons huwelik werk

Camila Alves en Matthew McConaughey is verlede jaar getroud, en altwee dié sterre se skedules is baie bedrywig. Só laat hulle hul huwelik werk …

Een van die dinge wat vir hulle baie belangrik is, is om te onthou wat hulle bymekaar gebring het, die kerneienskap, die diepte, wat van die heel begin af daar was. “Ons was van die heel begin af baie aangetrokke tot mekaar en het ’n verhouding met diepte ontwikkel. Dis belangrik om daaraan vas te hou, veral as dit so rof gaan,” het Camila aan die Huffington Post gesê.

’n Ander huweliksgeheim is dat hulle soms wegbreek om alleentyd saam te spandeer, sonder die kinders. “Ek dink die belangrikste ding om te onthou is dat jul verhouding belangriker as jul kinders is. Al neem julle net nou en dan ’n dag, aand of naweek alleen af – julle móét dit doen,” het Matthew aan US Weekly erken.

Nog huweliksadvies is: Wees “realisties” oor jou eggenoot en moenie té afhanklik van mekaar wees nie.

 Mathew McConaughey  Mathew McConaughey

Só laat Anel Alexander háár huwelik werk

Matthew en Camila gaan al sedert 2006 vas uit en is verlede jaar Junie getroud. Hulle het 3 kinders. Camila is ‘n model en mode-ontwerper, en het onlangs ‘n nuwe handsakreeks bekendgestel. Dié reeks is deel van haar MUXO-handsaklyn. Matthew is onder andere bekend vir sy rolle in How to Lose a Guy in 10 Days, The Lincoln Laywer en The Wedding Planner.

Bron: Huffington Post