FOTO Gallo Images / Getty Images

FOTO Gallo Images / Getty Images

Het jy gehoor?

FOTO: Matthew McConaughey wys sy kroos

Dis nie aldag dat ons Matthew McConaughey en sy vroulief, Camila Alves, se kinders sien nie. Maar toe hy onlangs by die American Cinematheque-seremonie vereer is, het sy kinders saamgegaan om hom te ondersteun.

2014 is ’n goeie jaar vir Matthew: Nie net het hy ’n Oscar vir sy rol in Dallas Buyers Club gewen nie, hy is ook by die 28ste American Cinematheque-toekennings vereer. Dié toekenning word jaarliks aan een uitgesoekte kunstenaar gegee. Groot name soos Robin Williams, Steven Spielberg en Bette Midler het dit al voorheen gewen.

En om hom op dié groot aand te ondersteun, het sy ma, skoonma én twee van sy drie kinders saamgekom.

Matthew McConaughey en sy vrou, Camila Alves (middel) met twee van hul drie kinders, Levi en Vida. Matthew se ma, Kay, staan langs hom met haar metgesel C.J. Carlig. En Camila se ma, Fatima, staan regs van haar. FOTO: Gallo Images / Getty Images

Matthew McConaughey en sy vrou, Camila Alves (middel) met twee van hul drie kinders, Levi (5) en Vida (4). Matthew se ma, Kay, staan langs hom met haar metgesel, C.J. Carlig. En Camila se ma, Fatima, staan regs van haar.
FOTO: Gallo Images / Getty Images

Matthew se seun Levi het op ’n druppel na sy pa gelyk in sy identitiese aandpak. Maar dit is eintlik sy dogter, die 4-jarige Vida, wat die kollig gesteel het. Sy het tydens Matthew se bedankingstoespraak op die verhoog gehardloop en haar pa omhels! Matthew se jongste seun, die 2-jarige Livingston, was nie teenwoordig nie.

Daddy’s girl! Little Vida ran up on stage just as the #americancinematheque awards came to an end. #MatthewMcConaughey

People Magazineさん(@peoplemag)が投稿した写真 –


Tydens Matthew se bedankingstoespraak het ons ’n hele paar nuwe goed oor dié akteur wys geword …

Hier is ’n paar van die bestes

  • Hy is nooit die hoofrol vir die loket-treffer Titanic aangebied nie
  • Matthew sal eerder films maak as om daarna te kyk
  • Matthew het sy rol in die film EDtv losgeslaan toe hy koeldrank op die vervaardiger Brian Grazer se koffietafel gemors het en toe besluit het om dit van die meubelstuk af te drink

Om nog vreemde feite oor Matthew McCognaughey te lees kliek HIER.

Bron: Daily Mail, People, The Wrap