FOTO Gallo Images / Getty Images

FOTO Gallo Images / Getty Images

Het jy gehoor?

Matthew McConaughey in Suid-Afrika!

Die Oscar-wenner Matthew McConaughey is in Suid-Afrika! En dit sorg natuurlik vir groot opwinding.

Matthew het Sondag op O.R. Tambo in Johannesburg aangekom, berig Channel24. Sy vrou, Camila Alves, en hul drie kinders, Levi, Vida en Livingston, het ook saamgekom.

Hy is nou in Suid-Afrika om tonele te skiet van die rolprent The Dark Tower, wat gebaseer is op Stephen King se gelyknamige roman. Die regie word behartig deur die Deen Nikolaj Arcel en Ron Howard.

Lees nou

Aktrise Roeline Daneel se Griekse wittebrood