matthew_mc
Het jy gehoor?

Matthew McConaughey wys sy nuwe dogter

Hollywood-hunk en People se Sexyste Man van 2005, Matthew McConaughey (40), het so pas die eerste foto van sy 3 en ‘n half week-oue babadogter, Vida, op sy webtuiste bekendgestel met ‘n dankie-sê boodskap wat lees: “Thanks for all your well wishes our way, the future’s lookin bright, just keep livin, Matthew and Camila.”

Vida is die 3de Januarie gebore en doen volgens Ma Camila (26) ‘baie goed’. Die naam ‘Vida’ beteken ‘Lewe’ in Portugees. Boetie Levi is nou 19 maande oud. Net soos met Levi se geboorte, het die paartjie nie voor die tyd geweet of hulle ‘n seuntjie of dogtertjie gaan hê nie. Die akteur het sy aanhangers aangemoedig om ‘n raaiskoot te durf.

Het jy geweet?

* Hy het kaneelstokkies gekou wanneer hy ná ‘n partytjie sy ma nag soen.

* Op skool het hy in ‘n aanlegtoets baie goeie punte vir musiek behaal.

* Ná skool het hy ‘n jaar lank in Australië deurgebring en vir 2 jaar daarna nog ‘n Australiese aksent gehad.

* As hy nie ‘n akteur geword het nie, sou hy graag dirigent wou wees.

* Teen sy agtiende verjaarsdag het hy nog net 2 flieks in sy lewe gesien.

* Die nommer 8 is sy gunsteling.

Vir nog Matthew-feite en sy blog, besoek sy webtuiste.