FOTO: Twitter

Het jy gehoor?

Mede-aanbieders van kykNET-program is verloof!

Op die kassie reis hulle saam vir die kykNET-televisieprogram SleepTV, en nou is John-Henry Opperman en Beáte Olwagen ook verloof!

John-Henry is ’n sanger, liedjieskrywer (Klopjag) en akteur (Musiek vir die Agtergrond), terwyl Beáte ’n aktrise en verhoogpersoonlikheid is. Dié span besoek weekliks die top-woonwa- en kampeerbestemmings in Suider-Afrika en dit was in Nambië waar hy die naweek die ja-woord gevra het.

John-Henry het dié foto op sy Facebook-blad gedeel met die onderskrif: “Sy het “Ja” gesê!”

FOTO: Twitter

FOTO: Twitter

Baie geluk John-Henry en Beáte!

Foto’s van die paartjie op hul SleepTV-avonture:

(klik op die foto om te vergroot)