image.net

FOTO: Brendon Thorne/Getty Images vir Paramount International

Het jy gehoor?

Megan Fox is swanger!

Die aktrise Megan Fox is swanger met haar derde kind. En dit agt maande nadat sy en haar man, Brian Austin Green, uitmekaar is. Megan het Maandagaand met haar bababoep gepronk by CinemaCon in Las Vegas om haar nuutste film, Teenage Mutant Ninja Turtles: Out of the Shadows, te bemark.

Die New Girl-aktrise het in Augustus 2015 aansoek gedoen om van die Beverly Hills 90210-akteur te skei, berig Daily Mail. Voor die aansoek was hulle reeds ses maande uitmekaar. Die akteurspaar was 11 jaar saam, waarvan hulle vyf jaar getroud was.

’n Stralende Megan Maandagaand by die CinemaCon

Hoewel Megan en Brian uitmekaar is, bly hulle steeds goeie vriende ter wille van hul twee seuns, Noah en Bohdi. Maar die twee is gister saam gesien toe hulle middagete gaan kry het, berig Daily Mail.

Nóg Megan nóg Brian het al oor die swangerskap gepraat.

Sy is nie al model wat swanger is nie. Die Suid-Afrikaanse en Victoria’s Secret-model, Candice Swanepoel, verwag ook haar eerste pienkvoet.

Sy het die oulike foto op sosiale media gedeel

Getting the Tum in the the sun

A photo posted by Candice Swanepoel (@angelcandices) on

BronDaily Mail.

Lees nou: