adeline_home
Het jy gehoor?

Meisie van Upington wen internasionale modelkompetisie

Binne vier jaar het Adeline Mocke van Upington van Idols-finalis gegaan na opkomende model in Amerika… En nou het sy ’n internasionale skoonheidskompetisie gewen!

Adeline, wat in 2010 aan die plaaslike Idols-kompetisie deelgeneem het, is onlangs in Las Vegas, Amerika, aangewys as die wenner in vanjaar se Miss Las Vegas International Model Search-kompetisie.

Jong Suid-Afrikaner wen Amerikaanse kompetisie

FOTO: Instagram (@adelinemocke)

FOTO: Instagram (@adelinemocke)

“Dit was soveel meer as om net ’n titel en ’n kroon te wen. Vir my was dit ’n groot tree vorentoe in my lewe en my loopbaan,” het Adeline op haar Instagram-blad geskryf. “Dit het my ook gehelp om ’n baie donker hoofstuk in my lewe af te sluit en my lewe nou met ’n nuwe begin op te helder,” het sy bygevoeg.

Adeline is versot op Yves Saint Laurent Cinema-parfuum – lees hoekom

Adeline het in Upington groot geword, maar bly die afgelope tyd in Hollywood waar sy aan haar loopbaan as model, aktrise en sangeres werk.

Op Instagram en Twitter lyk dit egter of dié skoonheid, wat tans in Suid-Afrika kuier, miskien teruggetrek het huis toe.

FOTO: Instagram (@adelinemocke)

FOTO: Instagram (@adelinemocke)

Adeline oor haarself

“Soms vind ons die mooiste goed in die lewe eers wanneer ons die moeilikste veranderings maak. Ek’t daardie veranderings pas met liefde gemaak,” het sy die naweek op Instagram by ’n Kaapse sonsondergang-foto geskryf.

Is jy ook opgewonde om te sien wat dié 25-jarige skoonheid volgende gaan aanpak?