Catherine Constantindes en Ilze Saunders 
FOTO: Phyllis Green

Catherine Constantindes en Ilze Saunders FOTO: Phyllis Green

Het jy gehoor?

Voormalige Mej. Aarde SA Ilze Saunders is verloof!

Eers het Mej. Wêreld, Rolene Strauss, vroeër vanjaar verloof geraak en nou is die voormalige Mej. Aarde SA Ilze Saunders ook op pad kansel toe.

Ilze het die nuus met dié pragtige foto op haar Instagram-blad gedeel. Haar verloofde, Dewald Buys, het haar op haar verjaardag tydens ’n wegbreek in Kaapstad die groot vraag gevra.

Ilze het in die Augustus-uitgawe van SARIE gesels oor haar rol as Mej. Aarde SA. Hier volg ’n uittreksel. 

As Mej. Aarde SA is dit die petite Ilze se begeerte om ’n verskil te maak in omgewingsopvoeding. En sy is nie net ’n mooi gesiggie nie, want die vaandel wat sy die afgelope jaar gedra het, is ook ’n leierskapprogram wat op die ontwikkeling van jong vroue fokus. “Om te gee inspireer my,” beaam Ilze. Die hooftema van haar ampsjaar was volhoubare eko-toerisme. Sy het veral ’n sterk boodskap teen renosterstropery uitgedra toe die internasionale Mej. Aarde in die Filippyne in Suidoos- Asië gekies is. Ilze is hier onder meer beloon met die goue medalje vir die beste omgewingsaanbieding. Dit is haar doel om mense aan die dink te kry: oor Moeder Aarde en haar probleme, en oor moontlike oplossings. En uiteindelik oor hoe elkeen hul deel kan doen. “Ek sien elke dag as ’n geleentheid om myself uit te leef, betrokke te raak by kwessies waar ek my hande kan vuilmaak, en om te dien as ’n katalisator vir volhoubare verandering.” Met alles wat sy al bereik het, is dit steeds haar ma, Marietjie Saunders, wat haar veral inspireer – sy noem haar “my alles-in-een-ma”. “Die lewe het my geleer dat vroue mekaar beter moet ondersteun. As ons dit nie doen nie, sal ons vir ewig die stryd teen seksisme voer. Mans is dikwels meer geneig om vroue te ondersteun as ander vroue, maar ons moet saamstaan om jong vroue te mentor, op te lei, en hulle rigting te gee.” Die Augustus-uitgawe kan HIER afgelaai word. Baie geluk, Ilze en Dewald!

#myjourney #ourjourney #blessed #inspire #humble @dewaldbuys A photo posted by Ilze Saunders Inspire (@ilzesaunders) on


Lees nou