FOTO: Verskaf

FOTO: Verskaf

Het jy gehoor?

Mej. Heelal: Wink nog ’n kroon vir SA?

Ná Rolene Strauss met die Mej. Wêreld-titel weggestap het, kyk die wêreld weer met nuwe oë na Suid-Afrika se skoonhede. En nou is Mej. Suid-Afrika, Ziphozakhe Zokufa, een van die gunstelinge in die Mej. Heelal-kompetisie.  

Die gewilde blog Missology, wat al vir meer as ’n dekade deelnemers analiseer en wenners van skoonheidskompetisies voorspel, het vir ons Ziphozakhe onder die gunstelinge vir dié wedstryd geplaas.

Missology voorspel dat die 23-jarige Ziphozakhe, dalk beter bekend as Zina, onder die top-10 skoonhede by dié kompetisie is. Die blog voorspel wel dat Mej. Indonesië, Elvira Devinamira, die kroon gaan dra.

Maar baie kan nog in dié kompetisie gebeur. Sowat 90 skoonhede van oor die hele wêreld het vandeesweek in Doral, Miami, aangekom ter voorbereiding van die groot aand op 25 Januarie.

Zina van PE het oor dié kompetisie gesê:

“Ek sien al uit na hierdie geleentheid sedert ek gekroon is en sal die Mej. Suid-Afrika-titel met trots dra. Ek verteenwoordig nie net myself nie, maar ook die hele land. Ek glo dat ek elke Suid-Afrikaner sal trots maak”.

As Zina wen, sal sy die tweede Suid-Afrikaner wees wat dié kroon dra. In 1978 het Margaret Gardiner die Mej. Heelal-kroon gedra.

Hier is foto’s van Zina se voorbereiding in Miami.

Feeling regal in #RobotClothing from @sandtonista at @missuniverse! #MissUniverse #TrumpDoral

A photo posted by Miss South Africa (@official_misssa) on

Swimsuit shooting #MissUniverse @missuniverse #TrumpDoral

A photo posted by Miss South Africa (@official_misssa) on

Zina is in Desember as die nuwe Mej. Suid-Afrika gekroon ná Rolene Strauss die Mej. Wêreld-titel in Londen verower het. Zina was die Rolene se eerste prinses.

Lees nou