FOTO: verskaf / Ninesquared

Het jy gehoor?

Mej. SA Marilyn Ramos mik na die Mej. Wêreld-kroon

Marilyn Ramos sê sy voel gereed om aan die Mej. Wêreld-kompetisie deel te neem.

Dié 22-jarige skoonheid van Klerksdorp gaan Suid-Afrika later vandeesmaand by die Mej. Wêreld-kompetisie in Djakarta, Indonesië, verteenwoordig. Sowat 1 biljoen mense van oor die wêreld kyk jaarliks na dié geleentheid.

SARIE gesels met Mej. SA, Marilyn Ramos

“Ek het soveel waardevolle lesse geleer danksy die wonderlike geleenthede wat Mej. Suid-Afrika my gebied het. Ek het tydens dié jaar soveel welwillendheid en goedhartigheid van Suid-Afrikaners ervaar.”

Ek sal my bes doen om ons mooi land en die waardes van die reënboognasie te verteenwoordig.

Marilyn gaan ‘n aandrok van Michael Bezuidenhout dra en Biji Couture gaan die amptelike Mej. Wêreld-ontwerpersrok maak.

*Die kompetisie word Saterdag 28 September van 14:00 – 16:00 op SABC3 uitgesaai. Dit word dieselfde aand om 19:30 herhaal.