Het jy gehoor?

Mej. Wêreld, Rolene Strauss, was Bloem se eerste proefbuisbaba

Rolene Strauss is beeldskoon én slim. Mense vra dikwels tong-in-die-kies of sy geneties gemanipuleer is…

Rolene Strauss het, nadat sy Mej. SA geword het, die Bloemfonteinse fertiliteitspesialis opgesoek wie se kennis en flink brein gesorg het dat sy vandag hier is.

Sy wou van prof. Paul Wessels weet: Was sy spesiaal, iets anders? Kan hy haar onthou? Sy antwoord: Alle embrio’s lyk mos maar aanvanklik dieselfde.

Rolene se ontwerper, Casper Bosman, praat met SARIE.com

Rolene was 22 jaar gelede die Universiteit van die Vrystaat se eerste suksesvolle proefbuisbaba. En die eerste een in die land waarvoor die EIFT-tegniek (embrio intra-fallopiese oordrag) gebruik is.

Lees dié artikel in jou Januarie 2015-uitgawe van SARIE – nóú te koop!

JAN