FOTO Twitter @melgibsonfilms

Het jy gehoor?

Mel Gibson 9de keer pa

Ja, die bekende Hollywood-regisseur en -akteur is weer pa! Nie vir die tweede of derde keer nie, maar die negende keer! Mel (61) en sy meisie, Rosalind Ross (26), het onlangs hul seun, Lars Gerard Gibson, in die wêreld verwelkom.

Klein Lars is Rosalind se eersteling. Maar ou Mel het beslis ervaring as dit kom by doeke omruil. Hy het sewe kinders by sy eksvrou, Robyn Moore, met wie hy 28 jaar getroud was.

Mel het ook ’n sewejarige seun by sy vorige meisie, Oksana Grigorieva.

Mel en Rosalind is sedert 2014 saam.

Baie geluk, julle twee!

Bron: Us Weekly.

Lees nou:

Dié Spice Girl se tweede baba is gebore

Bekende se derde baba gebore

2016: ’n jaar vol babas vir plaaslike celebs