Melanie Griffith Antoino Banderas
Het jy gehoor?

Melanie Griffith en Antonio Banderas se peperduur egskeiding

Ons het reeds vroeër vanjaar berig Antonio Banderas en Melanie Griffith is finaal uitmekaar, en nou het hul duur egskeidingsooreenkoms almal aan die praat, volgens Entertainment Tonight

Hofdokumente wys Antonio sal Melanie $65 000 (byna R945 000) per maand betaal.

Volgens TMZ sal die geld wat hulle tussen 2004 en 2014 uit hul onderskeie flieks gemaak het, gelykop tussen hulle verdeel word. Flieks soos Shrek 2, Machete Kills, Puss in Boots, en Expendables 3 is tydens dié periode vervaardig. The Mask of Zorro en Spy Kids is voor dié periode gemaak.

Huise en duur kunswerk moet ook verdeel word.

Die voormalige glanspaar sal later dié maand, op 20 Desember, amptelik geskei wees. Ná 18 jaar se getroude lewe het Antonio en Melanie verlede jaar aangekondig hul huwelik is op die rotse, glo weens “onversoenbare verskille”.

Hulle het ’n 19-jarige dogter, Stella Banderas.

Melanie was voorheen met twee ander akteurs getroud: Twee keer met Don Johnson (die eerste keer vir net ses maande in 1976, en weer van 1989-1996), en met Steve Bauer (1982-1987). Antonio was van 1987-1996 met die aktrise Ana Leza getroud.

Bronne: Entertainment Tonight en TMZ

Lees ook

 ZZZ

Lees meer hier!