Het jy gehoor?

Melanie Griffith en Antonio Banderas staan op skei + Jennifer Lopez weer enkellopend

Aktrise Melanie Griffith het Vrydag die papiere ingehandig om van haar akteurman Antonio Banderas te skei, berig Daily Mail eksklusief.

Melanie en Antonio het 18 jaar gelede getrou, en was een van die min Hollywood-paartjies wie se huwelik wat so lank gehou het. Daily Mail berig dat dié paartjie vir die afgelope paar maande reeds aparte lewens gelei het.

Vriende is blykbaar nie verbaas dat die paartjie se huwelik op die rotse is nie, want hulle was al blykbaar vir ’n geruime tyd ongelukkig. Die egskeiding was nie ’n oorhaastige besluit nie.

Melanie Griffith Antoino BanderasDie paartjie het een dogter, die 17-jarige Stella. Melanie het ook ’n 23-jarige dogter uit haar huwelik met Don Johnson en ’n 27-jarige seun uit haar verhouding met Steven Bauer.

Dié huwelike hóú

Jennifer Lopez weer enkellopend

Jennifer Lopez (44) en die 27-jarige danser en choreograaf Casper Smart se verhouding van 2 jaar is verby, berig People.

Dáái rok van Jennifer Lopez weer in die kollig

Casper het blykbaar Vrydag uit die paartjie se huis getrek, maar is baie hartseer daaroor, het ’n bron aan dié Amerikaanse tydskrif vertel. Casper was baie geheg aan Jennifer en die kinders.

Casper en JLo FOTO: Twitter

Casper en JLo
FOTO: Twitter

Jennifer se vorige verhoudings

  • Verhouding met Casper sedert November 2011
  • Huwelik met Marc Anthony: Februarie 2004 – Julie 2011
  • Verhouding met Ben Affleck: Junie 2002 – Januarie 2004
  • Huwelik met Cris Judd: September 2001 – Januarie 2003
  • Verhouding met Sean Combs: September 1999 – Februarie 2001
  • Verhouding met Ojani Noa: Februarie 1997 – Januarie 1998
  • Verhouding met David Cruz: 1984 – 1994

Bron: Daily Mail, Zimbio, People