FOTO: Instagram  melissamccarthy

FOTO: Instagram melissamccarthy

Het jy gehoor?

Melissa McCarthy se klerereeks is vir ALLE vroue

Die aktrise Melissa McCarthy vertel aan People sy wil die mode-industrie verander. 

“My doel is om op te hou om vroue te kategoriseer. Ek maak klere vir vroue, punt … Daar is geen rede om verskillende groottes vroue verskillend te hanteer nie. Dit laat mense sleg voel oor hulself en dis onnodig,” sê die 44-jarige Bridesmaids-aktrise.

@amymorrisonhsn is an absolute force of nature!! http://gohsn.co/9zFC #McCarthyonHSN

A photo posted by Melissa McCarthy (@melissamccarthy) on

Talle mense was skepties oor haar idee om een, inklusiewe klerereeks te skep. Sy het egter kritici verkeerd bewys en haar items het soos soetkoek op die aanlynwinkel HSN verkoop.

Verder dink Melissa dis “fantasties” dat die kleiner groottes vinniger uitverkoop het, aangesien daar aangeneem is dat net groter vroue in haar klere sou belangstel.

Melissa het haar eie klerereeks begin omdat winkels selde mooi klere vir groter vroue het. Volgens haar dra “60% van vroue ’n grootte 14″, tog word hulle dikwels uitgesluit: “Is dit so onaangenaam, dat jy jou grootste groep klante vervreem? Ek vind dit verwarrend.”

Sy gebruik ook haar platform om vroue aan te moedig om hul liggame (wat ook al die grootte) te vier: “My reeks stuur die boodskap dat jy ewe goed in ’n sekere item kan lyk of jy ’n nommer 16 of ’n nommer 4 is.”

Verder berig Daily Mail dat Melissa weier om die term ‘plus-groot’ te gebruik, want sy glo dat dit laat groter mense onwaardig voel.

Bronne: People en Daily Mail 

Lees ook