Het jy gehoor?

Merkel, Schumacher en ander bekendes in ski-ongelukke

Die Duitse kanselier, Angela Merkel, het haar pelvis in ’n ski-ongeluk gekraak. Só berig The Guardian. Dit kom ná bekende Duitse renjaer Michael Schumacher (45) steeds in ‘n kunsmatige koma is ná sy ski-ongeluk in die Alpe op Sondag 29 Desember 2013.

download

Angela Merkel

Merkel was naby St. Moritz in Switserland toe die ongeluk gebeur het. Sy het aanvanklik gedink sy het slegs kneusplekke opgedoen toe dokters bevestig dat sy haar pelvis gekraak het. Merkel kom nou met krukke oor die weg, en ‘n paar van haar afsprake is gekanselleer.

jric1zyppodwdoy

Michael Schumacher

Nóg bekendes wat in ski-ongelukke was en noodlottig beseer is:

Die Duitse prins Friso (44) is op 12 Augustus 2013 dood ‘n jaar en ‘n half ná ‘n ski-ongeluk in Oostenryk. Hy het erge brein-beserings opgedoen.

Britse aktrise Natasha Richardson (45) is op 19 Maart 2009 oorlede ná ‘n ski-ongeluk in Mont Tremblant, Noord van Montreal.

Sonny Bono, Cher se bekende man en sangmaat, is op 5 Januarie 1998 dood ná hy in ‘n boom vasgeski het. Hy was 62 toe hy dood is.

Michael Kennedy, Robert Kennedy se seun, is op 31 Desember 1997 oorlede na hy ook in Aspen in ‘n boom vasgeski. Michael was 39 ten tyde sy dood.