Meryl Streep
FOTO Bryan Crowe / ©A.M.P.A.S.

Meryl Streep FOTO Bryan Crowe / ©A.M.P.A.S.

Het jy gehoor?

Meryl Streep leer om vals te sing

Sê Meryl Streep en byna almal kan ten minste 5 films noem waarin sy speel. Vandag is dié Oscar-bekroonde aktrise Meryl Streep 67 jaar oud is. 

Die verkleurmannetjie van Hollywood kan byna enige rol met gemak vertolk. En haar uitmuntende spel het reeds gesorg dat sy in totaal 409 keer benoem is! Sy is die voorloper vir die aktrise met die meeste Oscar-benoemings, ’n hele 19 keer. Die akteur Jack Nicholson en die aktrise Katherine Hepburn is saam in die tweede plek met 12 benoemings elk. En sy het 3 Oscars gewen vir haar vertolking in Kramer vs Kramer (1980), Sophie’s Choice (1983) en The Iron Lady (2012).

As sy nie Donald Trump namaak nie, besoek sy Marokko saam met Amerika se eerste vrou, Michelle Obama.

Maar op die silwerskerm het Meryl net weer bewys dat sy nie bang is om ’n uitdagende rol te speel nie.

In Florence Foster Jenkins speel Meryl die hoofrol van die sosiale vlinder, Florence, wat ’n opera-sanger geword het al kon sy nie een noot reg sing nie. Sy word tot vandag toe beskou as die slegste opera-sanger in geskiedenis, berig The Guardian. Maar dis geen grap nie, Meryl moes leer om vals te sing.

Vir sommige kom dit natuurliker as ander, maar wanneer jy kan sing, is dit beslis ’n uitdaging.

Só het Florence geklink

En hier is Meryl in die lokprent

Ter ere van Meryl se verjaarsdag deel ons drie van haar verkleurmannetjie-oomblikke:

Meryl as ’n rabbi in die Amerikaanse-reeks Angels in America (2003)

Meryl as Miranda Priestly in Devils Wear Prada (2006)

Meryl as Margaret Thatcher in The Iron Lady (2011)

Lees nou

Audrey Hepburn se geheime sien die lig

Deure van Diana en Coco Chanel se Ritz-hotel weer oop

Kan ’n uitrusting jou die verhoging gee wat jy verdien?