Meryl as Margaret Thatcher in The Iron Lady

Meryl as Margaret Thatcher in The Iron Lady

Het jy gehoor?

Meryl Streep speel Margaret Thatcher – kyk die foto!

Die fliek gaan oor die Ystervrou se lewe, politieke sukses, en spesifiek die tydperk voor die uitbreek van die Falkland-oorlog in 1982. Sy was die Britse premier van 1979 tot 1990.

Meryl sê op die Los Angeles Times se webtuiste dis vir haar ‘n ongelooflike voorreg en uitdaging om só ‘n dinamiese en sterk vrou te speel. Sy probeer haarself so goed moontlik voorberei vir die rol. Sy doen baie navorsing oor die Britte se Ystervrou en hoop haar uithouvermoë kan by die van die voormalige premier kers vashou.

Dit is nog nie bekend wanneer die fliek gaan wys of wie die rol van Denis Thatcher, haar man, gaan speel nie.

 

 

  • marie

    ek weet nie so mooi nie

  • Maretha

    Kan nie wag vir die fliek nie!! Sal n treffer wees soos al haar ander flieks!!!!