Het jy gehoor?

Meryl Streep dalk Susan Boyle in biografiese film

In 2009 het Susan Boyle ’n oornag-sensasie geword met haar optrede in Britain’s Got Talent. Nou word daar ’n biografiese film gemaak oor dié vrou met die verbasend pragtige stem, en een van die grootste aktrises gaan haar dalk speel.

Susan Boyle was ’n doodgewone, voorstedelike sangeres wat in kerkkore gesing het. Maar nadat sy in 2009 die Britain’s Got Talent-kompetisie gewen het, het haar lewe verander. Sy het albums uitgegee, en nou wil een van die beoordelaars, die bekende Simon Cowell, ’n fliek oor haar lewe en loopbaan maak.

Susan is baie opgewonde oor dié fliek, maar omdat sy eintlik baie skaam is, wil sy nie self daarin speel nie. “Ek wil nie self in die fliek speel nie. Ek sal liewer dat iemand anders my rol speel, dalk iemand soos Meryl Streep. Soos ek verstaan, het die vervaardigers haar reeds genader,” het sy in ’n onderhoud met die Britse koerant Metro gesê.

 susan_boyle

Meryl Streep is glo nie die enigste een wat vir dié rol oorweeg is nie – Catherine Zeta-Jones en Glenn Close was ook ‘n opsie. Die fliek sal deur Simon Cowell en die groot fliekateljee Fox Searchlight vervaardig word.

Wie dink jy sal die beste Susan Boyle kan speel?

Meryl Streep

Dié video van Susan Boyle se oudisie wat jou steeds hoendervel gee, is al deur meer as 137 miljoen mense op YouTube gekyk.

Reese Witherspoon in Meryl se voetspore

Meryl Streep het die ikoniese rol van Miranda Priestly, die redakteur van die fiktiewe modetydskrif American Runway, in The Devil Wears Prada gespeel.

Meryl Streep, Anne Hathaway, The Devil Wears PradaNou gaan Reese Witherspoon ’n soortgelyke rol aanpak – as die eienaar van ’n baie suksesvolle modewebtuiste. Reese se karakter is net so modebewus soos Miranda Priestly, maar sy het ’n sagte hart wat sy dan verloor op ’n ouer intern wat sy aanstel (Robert De Niro).

Bronne: Just Jared, Contactmusic.com