sr0905lucas02rz
Het jy gehoor?

Nuwe Lucas Maree-CD op pad

Die dood van Lucas Maree vroeër vanjaar het nie net ‘n leemte in sy familie en vriende se harte gelaat nie, maar ook in Afrikaanse musiek. Maar nou het sy vrou, Ilse, saam met Select Musiek en Cesar D’Almeida gewerk om dié nuwe album saam te stel. Meeste van die liedjies daarop is spesifiek vir Ilse geskryf.

“Droomvrou”, “Klein-Karoo” en “Liedjie vir jou”, asook Engelse treffers soos “The Rose” is van die liedjies wat onder meer op die CD gehoor sal kan word.

Onder die bekendes wat in die huldeblyk-konserte in Bloemfontein en Pretoria te sien sal wees, is onder andere Kurt Darren, Mathys Roets, Anton Goosen, Danie Niehaus, Amanda Strydom en Coenie de Villiers.

Inligting vir huldeblyk-konserte

Sondag 10 Julie in Pretoria, Atterbury-teater

Dinsdag 12 Julie en Woensdag 13 Julie in Bloemfontein, Vryfees

Bespreek by Computicket.

  • ourrmumga

    in7f1R gtqeowcwjzau, [url=http://vbueezbpbgev.com/]vbueezbpbgev[/url], [link=http://xpxvxxjliaaq.com/]xpxvxxjliaaq[/link], http://cvqzweywyrye.com/

  • Drienie Louw

    Waar kan ek Lucas se cd koop "met liefde van lucas"