kq4ELD8H
Het jy gehoor?

Mev. SA Candice Abrahams wen Mev. Wêreld

Dit mag dalk ’n naweek vol sportgeleenthede wees, maar dit is Mev. SA Candice Abrahams wat ons vanaand trots maak.

Candice is as Mev. Wêreld gekroon.

Vanjaar se wedstryd is in Dongguan, China gehou en 46 ander lande se verteenwoordigers het deelgeneem.

Die wedstryd sluit ’n talent- en nasionale kostuum-kompetisie in. Candice se SA kostuum is deur Anel Botha ontwerp, berig EWN.

Candice is ’n sakevrou, model en ma en is getroud met die Metro FM-omroeper, Ismail Abrahams.

 

Lees nou