Mrs_SA_102
Het jy gehoor?

Mev. SA 2014 gekroon

Chané de Kock het gisteraand by ’n spog-geleentheid met die Mev. SA-kroon weggestap. 

Chané, ’n ma van 3 en ’n gesondheidskonsultant van Stellenbosch, is uit 22 beeldskone finaliste as 2014 se Mev. SA aangewys.

Chantelle Swart van Pretoria is as 1ste prinses en Kholofelo Chademanah van Johannesburg as 2de prinses gekroon.

“Die standaard was ongelooflik hoog vanjaar,” het die organiseerder, Joani Johnson, gesê. “Chané verdien die titel en ons is baie trots om haar as Mev. SA te hê.”

MrsSA2013012

VAN LINKS Chantelle Swart (1ste prinses), Chané de Kock (Mev. SA) en Kholofelo Chademanah (2de prinses)