FOTO: Instagram  michaelbuble

FOTO: Instagram michaelbuble

Het jy gehoor?

Michael Bublé in die moeilikheid oor selfie

Oeps, Michael Bublé. Hoeveel skade kan ’n selfie nou regtig doen? Die “Haven’t Met You Yet”-sanger het nie dié foto goed deurdink nie en talle aanhangers maak hul stem dik, berig E!Online.

Die 39-jarige musikant het saam met sy vrou, Luisana Lopilato, in Miami vakansie gehou toe hy ’n selfie neem met ’n vrou in ’n baie kort broekie in die agtergrond.

Hy het dié selfie op Instagram gedeel met #myhumps #babygotback #hungryshorts #onlyinmiami #picoftheday en #beautifulbum as beskrywing.

Sy aanhangers het hom aangespreek omdat hy dié onbekende vrou boelie en vir sy seksistiese kommentaar. Een aanhanger het geskryf: “Jy het geen respek vir vroue nie!”

Michael het nie die foto verwyder nie, maar het wel op sy Instagram-blad gereageer: “… die foto was veronderstel om ’n kompliment te wees … Dit maak my seer dat enigiemand sal dink dat ek ’n vrou sal minag of iemand sal beledig … Ek is jammer dat party mense die foto aanstootlik vind. Dit was nie my intensie nie …”

Wat dink jy? Was Michael onsensitief met dié foto?

  • Ja
  • Nee

Bron: E!Online

Lees ook