michael_buble
Het jy gehoor?

Jammer julle, Michael Bublé is verloof!

Die smeulende Michael Bublé trou in April. Hy het reeds in November sy meisie, Luisana Lopilato, gevra om te trou, en hulle wou die verlowing so lank as moontlik geheim hou.

Luisana is ‘n aktrise wat in die Argentynse sepie Atraccion x 4 speel.

Michael het voor haar hele familie op sy knieë gegaan en vir haar ‘n diamand van die juwelier Minichiello uit Vancouver gegee, een wat hy self ontwerp het.

Volgens people.com, is die twee ongelooflik gelukkig en baie verlief.

Hulle het twee jaar gelede by ‘n partytjie ná een van sy konserte in Buenos Aires ontmoet. En volgens Michael was dit liefde met die eerste oogopslag.

Sy probeer so veel as moontlik saam met hom reis, maar haar loopbaan laat dit nie altyd toe nie. Sy speel ook in sy nuwe musiekvideo, “Haven’t met you yet.”

Hulle beplan om in April twee huwelikseremonies te hou. Een in Argentinië vir haar familie en later ‘n groter seremonie in Kanada. Vir die wittebrood beplan hulle om liefdadigheidswerk in Afrika te kom doen.