FOTO: Instagram

Het jy gehoor?

Michael Bublé: ‘My seun se geboorte het nie dadelik ingesink nie’

“Ek het nie regtig daardie oorweldigende gevoel van liefde gehad nie, om doodeerlik te wees,” het die 38-jarige sanger aan The Social gesê. “Ek het al baie stories gehoor van hoe daardie eerste oomblik jou hele lewe verander, maar dit was nie in my geval so nie. Ek was op my senuwees vir my vrou se part, en ek was bly dat sy gesond was … maar daardie dag het dit vir my gevoel of ek ‘n wildvreemdeling vir die eerste keer ontmoet.

Toe hy ‘n dag ná die geboorte sy seun vashou, het die realiteit van pa-wees ingeskop. “Die volgende aand het dit my eers getref. Ek het so na hom gekyk, en toe skielik, tóé kry ek dit.” En van daardie goue oomblik af vervul Michael sy rol as nuwe pa perfek – veral wanneer hy vir klein Noah met sy sangstem rustig maak. “Ek sing dag en nag vir hom. As hy huil wanneer iemand anders hom vashou, en ek hom dan neem en vir hom sing, hou hy op huil. Dit is regtig baie cool,” het dié trotse pa gesê. “Ek sing nie my eie liedjies vir hom nie, dís vir seker. Op die oomblik is sy gunsteling ‘Down by the Bay’.”

Michael Bublé se eersteling

En nuwe vaardighede wat dié pa intussen aangeleer het? “Ek is ‘

n meester in doeke omruil. En ek kan hom mooi in sy komberse toedraai – sy pa hou ook daarvan om so tussen komberse toegedraai te wees,” het hy spottend gesê. Nou dat die gevoel vir sy en sy vrou, Luisana Lopilato, se eersteling ingeskop het, is Michael glad nie van plan om sy gevoelens oor pa-wees ‘n geheim te hou nie. “Dit is die wonderlikste ding wat ooit kan gebeur. Jy kan dit nie beskryf totdat dit met jou gebeur nie – dis amper soos om vir iemand te probeer verduidelik hoe water voel as hulle nog nooit eers self daarin geswem het nie.”

Michael Bublé

FOTO: Michael en Luisana kort ná klein Noah se geboorte

 

Bron: People