FOTO Instagram / @Michaelbuble

FOTO Instagram / @Michaelbuble

Het jy gehoor?

Michael Bublé kry stem-operasie

Vir die volgende twee weke mag die Kanadese sanger Michael Bublé nie een enkele woord uiter nie. En vir die pa van twee jong seuns, Noah (3) en Elias (4 maande), gaan dit beslis ’n uitdaging wees.

Michael moes ’n operasie aan sy stembande ondergaan. Die einste operasie wat die Afrikaanse sanger en The Voice-mentor Bobby van Jaarsveld in Januarie ondergaan het. Bobby se suster, Karlien van Jaarsveld, het ’n soortgelyke operasie in 2012 ondergaan.

Op 18 Mei het Michael aangekondig dat hy twee van sy optredes moet kanselleer, sodat hy kan rus voor sy operasie. Hy het sy spyt met sy aanhangers op sosiale media gedeel.

A photo posted by Michael Bublé (@michaelbuble) on

Die operasie is Sondag (gister) gedoen en was ’n sukses.

Michael is in 2011 getroud met die Italiaanse model Luisana Lopilato.

Hier’s ’n paar foto’s van hul gesin:

Eli and Mike are deep thinkers… #jackhandy #wemomsboobs #home

A photo posted by Michael Bublé (@michaelbuble) on

And then there were 4 Introducing Noah’s little brother Elias Bublé #family #blessed #brothers

A photo posted by Michael Bublé (@michaelbuble) on

Reunited and it feels so good !! I missed them way too much !! #ny #family #myhappyplace

A photo posted by Michael Bublé (@michaelbuble) on

Lees nou

Adele sing Spice Girls

90’s-nostalgie: Onthou jy dié kuif?