michael_buble_2_a
Het jy gehoor?

Michael Bublé se troufoto’s

Michael Bublé is verlede week getroud met sy Argentynse verloofde, Luisana Lopilato. Hulle is eers Donderdag in die Argentynse hof in die eg verbind en Saterdag was daar ‘n huwelikseremonie in die teenwoordigheid van meer as 300 gaste, berig People.com

Haar rok is deur die Argentynse ontwerper Sylvie Burstin gemaak. Die pasgetroudes het die dansbaan geopen op maat van Dean Martin se Everybody Loves Somebody. Michael het ook vir sy bruid sy treffer Haven’t Met You Yet gesing.

Dit was ‘n vrolike bruilof en die gaste het tot 6:00 die volgende oggend gedans!

En dit is steeds nie die einde van hul huweliksfees nie, want daar gaan in Mei weer getrou word in Vancouver, Kanada, waar Michael se familie woon.

Michael en LuisanaMichael, Luisana en die Argentynse familie

Foto’s van hellomagazine.com en people.com

  • Suzette

    Pragtige rok, styl vol en mooi hoop hy het vir haar ‘n romantiese liedjie gesing nes hy dit kan doen, beautifull SA Selebs kan bietjie hier leer wat is smaakvol en classy.

  • Silvia

    Stunning rok!