Michael Douglas
Het jy gehoor?

Michael Douglas en Catherine Zeta-Jones weer saam

Die akteurspaar se verhouding was wankelrig in 2013, maar Michael Douglas en Catherine Zeta-Jones is weer saam, én hulle is “gelukkiger as ooit”, berig Hello! 

Tydens ’n nuwe onderhoud op The Ellen Show vertel die 70-jarige Basic Instinct-akteur dat hy met sy vrou versoen is en dat hy steeds “mal” verlief is op haar.

Michael sê daar is sekere vereistes om ’n verhouding te maak werk: “As albei partye bereid is om aan die verhouding te werk … Dit kan nie van een kant kom nie.”

“Ek is mal oor haar. Ek dink elke paartjie het maar hul moeilike tye,” het hy bygevoeg.

Michael en Catherine (45) is in November 2000 getroud. Hulle is ouers van ’n seun, Dylan (14), en ’n dogter, Carys (11).

Bron: Hello! 

Lees ook