Het jy gehoor?

Michael Douglas se stryd teen kanker – FOTO’s

Michael Douglas was duidelik nie van plan om die kanker ‘n kans te gee om hom onder te kry nie. Hy het braaf deur New York se strate gestap toe hy sy dogtertjie skool toe geneem het.

Die 66-jarige akteur kry ernstige behandeling vir die kankergewas wat onlangs in sy keel ontdek is. Dokters glo hy het ‘n 80% kans om dié kanker te oorleef, berig die Britse Daily Mail.

 

Terwyl Michael daarop konsentreer om gesond te word, het sy vriend Danny DeVito ‘n toekenning in Zurich namens hom ontvang. 

Danny, wie saam met Michael in flieks soos Romancing the Stone en Jewels of the Nile gespeel het, het die Golden Icon-toekenning namens Michael by die Zurich Film Festival ontvang. Hy het net positiewe dinge oor Michael te sê gehad: “Michael is só sterk. Hy word na elke fliek wat hy maak net beter en beter en dis daarom dat ek hom aanmoedig om aan te hou met werk.”

Michael is getroud met Catherine Zeta Jones en hulle het twee kinders saam, Dylan (10) en Carys (7). Hulle het onlangs hul 10de huweliksherdenking gevier. Michael se ouer seun uit sy vorige huwelik, Cameron, is in April vir 5 jaar tronk toe gestuur vir dwelmverwante oortredings.

Michael Douglas Michael Douglas
Michael Douglas voor sy kanker. Michael soos hy nou tydens behandeling
lyk.
  • Jackie

    sjym, hy lyk sleg …

  • Hanlie Oosterhuis

    Ja, dit is maar die verloop van die lewe. Michael is n briljante akteur, en ek bid hom beterskap toe. Dit is altyd jammer om van sulke gewilde mense se lyding te hoor, maar dit laat mens ook besef dat hulle net so mens is soos ons almal. Geld, bekenheid ens, verseker jou nie n lewe anders as die gewone nie.

  • Naam

    Hy lyk oud… maar hy is darm al 66. Ook nie meer vandag se kuiken nie…

  • AJpJ9r vtqlqciedgvc, [url=http://mkvaoaypgxqx.com/]mkvaoaypgxqx[/url], [link=http://fmjkcgzljqvm.com/]fmjkcgzljqvm[/link], http://nvdjiofmvzkw.com/