michael_douglas_nov30newsnea
Het jy gehoor?

Siek Michael Douglas optimisties oor die toekoms

Hulle begin 11 Mei volgende jaar skiet aan die fliek. Hy voel ook elke dag sterker ná die 8 weke lange chemoterapie én bestraling 5 dae per week!

In ‘n openhartige onderhoud in die jongste uitgawe van The Hollywood Reporter, vertel dié veteraan-akteur dat hy baie gespanne was om aanvanklik die nuus van sy siekte aan sy pa, die akteur Kirk Douglas, oor te dra.

Dit was tot nou toe moeilik vir hom om sy storie met die wêreld te deel aangesien hy moes fokus op sy behandelings. “Om hier te kan sit en met jou te kan praat ná al die teenspoed wat ek in hierdie jaar beleef het – my gesondheid, my seun se botsing met die gereg, my eks-vrou en die hofsaak – maak my só gelukkig,” het Douglas tydens sy onderhoud gesê.