Het jy gehoor?

Michael J by paleis vereer

Die Schönbrunn-paleis in Wene gaan nooit weer dieselfde wees nie. Want pleks van balrokke en Johann Strauss-walse, gaan die paleismure tot in hul fondamente skud op Michael Jackson se popklanke wanneer top-sterre op die 26ste September aan hom hulde bring. Michael se broer, Jermaine Jackson, het die plek gekies omdat “Michael baie van kastele gehou het”.

10 kunstenaars gaan tussen 15 en 20 van sy bekendste treffers sing – en die gastelys gaan glo gróót name ophê. ‘n Skouspelagtige 3-uurlange vertoning met kunstenaars soos Madonna, U2, Lionel Richie en Whitney Houston is wat jy te wagte kan wees – maar die lys van kunstenaars is nog nie bevestig nie.

Wene is glo baie in hul skik met die keuse om ‘n konsert van so ‘n kaliber aan te bied. Daar’s plek vir 85 000 ondersteuners en sowat 5 000 VIP’s.

Volgens Associated Press sal kaartjies vanaf 20 Augustus te koop wees.

(Bron: www.guardian.co.uk)

Het jy gehoor?
Die model Agyness Deyn het Michael Jackson onlangs vereer met ‘n Harper’s Bazaar Thriller-modesessie waarin sy van Jackson se kenmerkendste mode-style aangetrek het.

Harpers Bazaar se Jackson-huldeblyk

Lees ook ‘n onderhoud met haar

  • odinms source 508 item list runescape skill calculator range full runescape hacks play runescape 9 Runescape Cursors mechquest money glitches free runescape gold weapons play adventure games runescape mining leveling guide http://runescapecursor.tumblr.com/ moparscape private server list runescape 2 africa map runescape fishing guild