paris_mj_tribute
Het jy gehoor?

Michael Jackson se dogter word mooi groot

RIP Michael Jackson .. Dad you will forever be in my heart <3 i love you”. So het Michael Jackson se pragtige dogter, Paris, op 25 Junie getwiet. Hy is drie jaar gelede dood aan ‘n oordosis van die middel Propofol.

Vroeër dié maand het sy ‘n onderhoud met kletskoningin Oprah Winfrey vertel dat Jackson “net ‘n gewone pa” was.

Maar hoe nou met die maskers wat hulle in die openbaar moes dra? “Ek was destyds baie verward oor hoekom ons maskers moes dra, maar vandag weet ek hoekom hy wou hê dat ons gesigte versteek moes wees. Hy wou hê dat ons normale kinderjare moes hê” – iets wat hy self nooit geken het nie.

Volgens Paris was sy ook die slagoffer van kuberboelies toe sy en haar twee broers, Prince Michael (15) en die 10-jarige Prince Michael II ná Jackson se dood by ‘n nuwe skool ingeskryf is.

* Die onderhoud met Paris word op Oprah se OWN-netwerk uitgesaai.

HIER’S DIE EERSTE DEEL VAN PARIS SE ONDERHOUD MET OPRAH

  • Andre

    Sy is net so min MJ se dogter as wat sy my dogter is. ASSEBLIEF!! En die ander kinders ook leliewit???? ASB. Die uitdrukking van vye wat niks met perde te doen het kom by my op. LMGA

  • Elsabe

    Sjoe, sy’s pragtig.
    Maskers dra vir ‘n normale kindertyd? Sommige sal nooit verstaan, maar ander wel.

  • Hannes

    Netso Andre, as my antie knolle gehad het was sy my oom.

  • Monica

    Glo sy REGTIG dat MJ haar biologiese pa is?! Haar pappa is n witman,nie swart.

  • Ann

    Wow Michael, pragtige nasaat. Mag die Here haar bewaar… So ‘n bekende lewe is moeilik. A

  • Tertia

    sy is mooi
    wie ook al haar pa mag wees

  • Zaney

    Sy is pragtig.

  • anon

    Your father is the one that raised you, not the one that helped to make you