michael phelps
#SARIEsport

Pa Phelps op pad na 5de Olimpiese Spele

Die 31-jarige swemmer Michael Fred Phelps II, wat op 5 Mei vanjaar pa geword het, maak hom reg vir sy vyfde Olimpiese Spele!

Sy oes van 22 medaljes, waarvan 18 goud is, maak hom die mees bekroonde Olimpiër van alle tye – en dit ná net drie Speles in die swembad. Met sy eerste Spele in Sydney in 2000 het hy geen medalje gewen nie.

Michael het gisteraand vir die Amerikaanse span gekwalifiseer nadat hy die 200 m-vlinderslag by die Amerikaanse Olimpiese proewe gewen het. Hy het sy vreugde met aanhangers op Twitter & Instagram só gedeel.

twitter Michael Phelps

Wat Michael se vertrek na Rio so uniek maak, is dat hy die eerste Amerikaanse atleet is wat aan vyf Olimpiese Speles sal deelneem. In 2012, ná die Olimpiese Spele in Londen, het hy sy uittrede uit swem aangekondig, maar in April 2014 het hy sy terugkeer na die sport gemaak. Hy is later daardie jaar in hegtenis geneem vir dronkbestuur en vir ses maande uit swem geskors.

Ná tyd in ’n rehabilitasiesentrum het dinge duidelik vir Michael omgedraai. Gisteraand nadat hy die 200 m-vlinderslag gewen het, het hy gesê: “Dit was moontlik die moeilikste swem van my lewe.” Maar dit terselfdertyd ook as die grootste bestempel vanweë al “die oppe en affe en alles waardeur ons in en buite die swembad is om tot by dié punt te kom”.

Just the happiest person in the world!!! #luckydad Amazing family!! @nicole.m.johnson @sunshinedoulaservices

A photo posted by Michael Phelps (@m_phelps00) on