Michael Schumacher en sy vrou, Corinna

Het jy gehoor?

Michael Schumacher reageer op vrou se stem

Die voormalige F1-kampioen Michael Schumacher is gister uit die Franse hospitaal oorgeplaas ná hy Desember in ’n ski-ongeluk was, berig die Duitse koerant Bild.

Michael, wat lank in ’n koma was, haal nou soms op sy eie asem en reageer op stemme – veral dié van sy vrou, Corinna. Sy reaksie op haar stem is baie groter as wanneer ander mense met hom praat.

Hello! berig dat die 45-jarige wêreldkampioen ongeveer 44 pond (20 kg) verloor het ná sy breinbeserings wat hy in die Franse Alpe opgedoen het.

Sy bestuurder, Sabine Kehm, het bevestig dat hy uit die medies-geïnduseerde koma gehaal is en dat hy nou besig is met rehabilitasie. Daar is nie enige ander inligting beskikbaar gemaak nie.

Michael sterk nou in Switserland aan in die Universiteitshospitaal van Lausanne, wat sowat 20 myl (32 km) van die Schumachers se huis is.

Michael Schumacher en sy vrou, Corinna

Michael Schumacher en sy vrou, Corinna

Bronne: Bild (soos vertaal deur The Telegraph) en Hello!